TV Plus (Afrikaans)

Bewys jouself

Angie probeer Ty oortuig sy en Wade hoort bymekaar.

-

Die band tussen die Danielbroe­rs, Ty (Maurice Paige) en Wade (Dean John Smith), is sterk. Hulle is baie lief vir mekaar al kan hulle lelik koppe stamp. Maar as daar een persoon is wat die potensiaal het om ’n wig tussen die broers in te dryf – en dit ook al gedoen het – is dit Angie (Char Carrie). Ty is nie gelukkig oor Wade en Angie se versoening vroeër in Januarie nie. “Angie verstaan Ty se wantroue omdat sy Wade verlede jaar soos ’n warm patat gelos het toe hulle finansiële probleme gehad het,” sê Char.

IN DIE PAD GESTEEK

Ty kos Angie haar au pair-werk wanneer sy vir Wade vra om na Charlie (Ella Waldeck) – die meisie na wie Angie kyk – dop te hou. Angie wil gou uitglip om skoonheids­behandelin­gs te gaan doen, en sy meen Wade kan maklik na Carlo en Charlie omsien. Ty is bitter ongelukkig wanneer hy by die huis kom en vat dadelik vir Charlie huis toe sonder om Angie te sê. “Angie is woedend, want sy weet dit was Ty se manier om haar by te kom.”

NIE ’N GOEIE IDEE NIE

Werkloos en platsak begin Angie soek na ’n nuwe heenkome en vind dan die perfekte blyplek, maar sy het geld vir ’n deposito nodig. Sy vat ’n kans en vra Wade daarvoor, maar hy weier.

Intussen vra Angie vir Ty wat met Wade gebeur het toe hul paadjies geskei het. “Ty vertel haar alles en hoe Wade so desperaat vir geld was dat Nazeem

(Irvine van der Merwe)

’n houvas op Wade gekry het. Angie is geskok.” Kort daarna maak sy met Wade uit, want die skuldgevoe­lens vreet haar op. Boonop lieg sy en sê sy het iemand anders ontmoet . . .

ANGIE BEWYS HAARSELF

“Angie hoor toevallig hoe Carlo en sy pelle na ’n skelm partytjie gaan,” verklap Char. Sy probeer Ty daarvan vertel, maar hy jak haar af. Ten spyte daarvan red sy vir Carlo en sy maats by die partytjie – wat gou rof raak. Ty is stomgeslaa­n wanneer hy hoor wat Angie gedoen het en sien haar in ’n nuwe lig. En Angie en Wade? ’n Derde versoening is dalk net op die horison.

VERLEDE KEER

Linda het werk gesoek in Ruiterbosc­h en aan Bennie verloof geraak, Wade en Angie het versoen wat Ty erg omgekrap het, en Zoe het ’n versoek aan Bridgette gerig.

IN DIÉ UITGAWE

Bennie voel die druk van verantwoor­delikheid, die drie braaiers sê mekaar die stryd aan en Nazeem hou sy lyf skaars. Bennie wroeg oor of hy moet trek, Nazeem daag by Bridgette se huis op en dinge is ongemaklik, en Ty voel sleg oor Angie se omstandigh­ede. Nazeem probeer iemand beïndruk, Linda neem ’n drastiese besluit, en Elana daag Chris uit. Angie onthul iets skokkends aan Wade, Lee-Ann ruik lont en konfrontee­r Nazeem, en Bennie kom tot ’n moeilike besef.

Nazeem wek agterdog by Tim, Angie weet wat Carlo beplan en haar gewete pla haar daaroor, en Carlo beskou Angie as sy held, wat Ty laat nadink. Bennie beweeg aan ná Linda, Zoe bevind haarself in ’n moeilike situasie, en Chris se dag begin met ’n groot verrassing. Ty wil regmaak wat hy verbrou het, Zoe probeer hard om haar geheim veilig te hou, en dinge lyk baie belowend vir Nazeem.

Chris sukkel om uit te pluis wat Kate so ontstel het, Ty doen sy woord gestand, en Nazeem se geheime planne vorder goed. Angie kry ’n nuwe werk, Chris en AB vind uit wat met Kate verkeerd is, en Lee-Ann is op die oorlogspad. Rhafiek is steeds onseker oor waar hy met Kaashifa staan, Ty doen vir Angie ’n groot guns en Kate sukkel nog om te slaap.

SPELERS: AB (Abdullah) Samsodien Cedwyn Joel • Angie Char Carrie •Anja Monique Basson • Bennie Richard September • Bianca Fourie Simone Biscombe • Bridgette Jacobs Denise Newman • Carlo Jadon Booysen • Chris du Plooy Marcel van Heerden • Danni (Danielle) Hendricks Vashti Prins • Elana Naudé Esther von Waltsleben •Junaid Hein Poole • Justin Potgieter Eden Classens • Kaashifa Mansour Jawaahier Petersen • Kate Vosloo Annelisa Weiland • Lee-Ann Jacobs Portia Joel • Linda Melissa Willering • Mrs J. (Sharleen Jacobs) Theresa Sedras • Mymoena Samsodien Jill Levenberg • Nazeem Jacobs Irvine van der Merwe • Rhafiek (Fiekie) Samsodien Irshaad

Ally • Shahiema Anthina Jansen • Siya Thuli Gantane Kusch • Speurder Malherbe Rian Ellis • Stella Fourie Mishka Ross • Susan Naudé Nastasha van der Merwe • Tim du Plooy Marco Spaumer • Ty (Tyrone) Daniels Maurice Paige • Wade Daniels Dean John Smith • Zoe October Lauren Joseph

 ?? ?? Angie (hooffoto regs) wil Ty (inlas) oortuig sy het verander.
Angie (hooffoto regs) wil Ty (inlas) oortuig sy het verander.
 ?? ??
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa