TV Plus (Afrikaans)

Hollywood wink

Suid-Afrika se eie Tarzan, DeWet du Toit, deel sy passie vir dié karakter in sy eie dokkiereek­s.

-

Tarzan Van George

Seisoen 1 Sondae kykNET (*144) 20:00 (begin 26 Februarie)

In slegs ’n tiervelspe­edo hardloop, swaai, baklei en skreeu die 35jarige DeWet du Toit van George soos ’n gorilla wanneer hy die karakter Tarzan vertolk in verskeie kortfilms wat hy al oor die jare heen gemaak het. Op sy YouTube-kanaal het sy amateurfli­eks al miljoene oë gelok, en terwyl sommige vuur na hom spoeg en sê hy is vreemd omdat hy dink hy is Tarzan, is daar weer ander wat hom ondersteun, soos die radio-en-TV-aanbieder Rian van Heerden. Rian het nou ’n dokkiereek­s, Tarzan Van George, oor DeWet gemaak om hom te help om Tarzan in Hollywood te kan speel.

’N INSPIRASIE

“Ek het ongeveer drie jaar gelede, toe ons besig was om ’n ander produksie in George te verfilm, ’n artikel oor al die views op DeWet se YouTube-kanaal gelees en besef sy storie móét vertel word,” sê Rian. “Ek was verstom dat DeWet ná al die jare – ek het hom in 2011 op my geselsprog­ram Rian laas gesien – steeds nie sy Hollywood-droom laat vaar het nie. Ek het maar min mense in my lewe ontmoet wat eenvoudig nie opgee nie, DeWet is een van hulle. Sy toewyding is inspireren­d en moet gedeel word.” Vir DeWet – wat al sedert sy kinderjare elke detail van Tarzan bestudeer deur boeke, flieks en strokiespr­ente oor die karakter te lees en kyk, en in 2006 sy eie kortflieks begin maak het – was Rian se belangstel­ling ’n seën. Rian het sy verdere reis om sy droom te bewaarheid in die dokkie vasgevang.

’N ANDER OOGPUNT

Benewens Rian is DeWet se grootste ondersteun­er in sy Tarzan-reis sy tweelingbr­oer Rudolph. Rudolph en DeWet werk ook hard agter die skerms om geld te maak om hul werk te finansier. sê DeWet. “Rudolph is my kameraman vir al die Tarzan-kortfilms. Hy het ook al dikwels die bad guy gespeel en my so gehelp om Tarzan-stories te vertel. Elke keer wanneer ek daaraan dink om eerder alles te los, is hy daar om my te ondersteun, en dan maak ons nóg ’n fliek.” In Tarzan Van George pak DeWet en Rudolph nóg ’n Tarzan-kortfilm aan: Tarzan Never Dies. “Ons vertel ’n Tarzan-storie vanuit ’n ander oogpunt waar Tarzan verdwyn en die karakters soos Jane (Tarzan se liefdesbel­ang) probeer uitvind waar hy is,” sê DeWet.

NAVORSING

Met ’n begroting van slegs R20 000 sit DeWet en Rudolph skouer aan die wiel en vervaardig Tarzan Never Dies. As alles volgens plan verloop, gaan hulle dit vir Hollywood-fliekmaker­s wys en sal DeWet se droom om Tarzan in ’n Hollywood-produksie te speel, moontlik verwesenli­k word. Vir dié wat dink die dokkiereek­s is kommin, dink weer, sê Rian. Hy en sy span het uit hul pad gegaan om navorsing oor Tarzan te doen en met kenners te praat oor die ikoniese figuur wat tot op hede in 45 flieks en 9 TV-reekse verskyn het.

“Die reis na Hollywood het ons nóg nader aan die storie van Tarzan en sy skepper Edgar Rice Burroughs gebring, en partykeer moes ’n mens jouself knyp om seker te maak jy beleef dit werklik,” sê Rian.

MOENIE MISLOOP NIE

DeWet het op 18 begin om sy lyf te slyp om soos die gebeitelde Tarzan te lyk, en vandag lyk hy meer as ooit soos die spiertier. “Ek doen nie meer ligaamsbou nie, maar eet gesond en oefen gereeld. Maar oor naweke maak ek steeds ’n draai by KFC,” skerts DeWet. “Maar wanneer ek weet ons gaan ’n kortfilm skiet, raak ek ernstig en berei ten minste twee tot drie maande voor om so sterk as moontlik te lyk vir my rol as Tarzan,” voeg hy by.

Nou moet ons net sien wat Tarzan Van George alles gaan opdiep en of DeWet ook deur die takke gaan swaai met die ikoniese Tarzan-kreet – dalk van vreugde oor die Hollywood-rol wat wink.

 ?? ?? DeWet du Toit (hooffoto) is in sy element as Tarzan. Inlas: Rian van Heerden is die vervaardig­er en verteller in Tarzan Van George.
DeWet du Toit (hooffoto) is in sy element as Tarzan. Inlas: Rian van Heerden is die vervaardig­er en verteller in Tarzan Van George.
 ?? ?? Rudolph is DeWet se tweelingbr­oer (hulle is nie identies nie) en DeWet se grootste ondersteun­er.
Rudolph is DeWet se tweelingbr­oer (hulle is nie identies nie) en DeWet se grootste ondersteun­er.
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa