TV Plus (Afrikaans)

Kop in een mus

Zelda en Meghan werk saam aan Gys se ondergang.

-

Die manipulere­nde en verwaande Gys Swarts (Justin Strydom) se koninkryk is stelselmat­ig besig om in duie te stort. Die een ná die ander teleurstel­ling is besig om Gys te knak. Te midde van al sy probleme word ’n skokkende geheim boonop onthul wat Gys heeltemal gaan verpletter – en min weet hy sy vroulief, Meghan (Lea Vivier), gaan hom binnekort met sy eie seun Jacques (Werner Coetser) verkul.

SWANGERSKA­P EN ABORSIE

Gys se pyn en smart het onlangs begin toe sy lieflingkl­einseun Johan (Liam Bosman) – wat hulle glo in die toekoms ’n Olimpiese swemmer gaan wees – se meisie Christelle (Nolene Spinks) onthul het sy is swanger. Kort daarna het ’n toets gewys Johan is inderdaad die pa.

Christelle het aanvanklik besluit om die baba te hou, maar ondergaan later ’n aborsie en Gys se bloed kook wanneer hy daarvan uitvind – dit was immers ’n Swarts-kind. “Vir Gys gaan alles oor die Swarts-bloed wat ’n Olimpiese medalje moet kry,” vertel Justin.

Die aborsie ontketen nog meer onmin tussen Gys en sy seun Rossouw (Altus Theart), Johan se pa. “Rossouw voel sy pa krap weer in Rossouw gesin se sake en hy laat Johan sleg voel oor iets wat nie sy besluit was nie. Rossouw voel ook sy pa gee nie werklik om oor sy familie nie, want alles draai net om die swemklub,” voeg Justin by.

OLIMPIESE DROOM VERPLETTER

Nóg ’n mat word onder Gys uitgeruk wanneer sy sterswemme­r Tshepo (Johnny Potsanyane) sê hy wil by ’n ander swemklub aansluit en die Swart Marlyne verlaat.

Onthou, toe opkikkerto­etse onlangs onder die swemmers gedoen is, het Johan – wat steroïedes gebruik om sy swempresta­sie te verbeter – twee keer sy toetsmonst­er met Tshepo s’n omgeruil. Aanvanklik het almal gedink Tshepo gebruik verbode middels, maar hy word later onskuldig bevind en die saak word uitgegooi. Maar Tshepo is moeg om stief behandel te word en soek tot Gys se ontstelten­is minder troebel waters om in te oefen. “Gys het lankal besef Tshepo kan sy Olimpiese droom bewaarheid, veral nadat hy sy vertroue in Johan verloor het. Met Tshepo weg, is Gys se groot droom ook na die maan.”

TOT HIERTOE . . .

Rossouw is besig om teen sy pa te draai, en om meer as een rede. Hy vind uit sy pa was die groot rede waarom sy jeugliefde Anja (Reandi Grey) hom destyds uit die bloute soos ’n warm patat gelos en die land verlaat het: Sy oorlede skoonma, Lydia (Rika Sennett), het ’n brief vir sy dogter Karla (Danielle Swanepoel) gelos waarin sy vertel het hoekom Anja die land

verlaat het, en Karla het haar pa gevra om die brief vir Anja te gee. Rossouw het dit eers gelees en was diep ontsteld oor die onthulling: Anja was swanger met Rossouw se kind sonder dat hy dit geweet het, en Gys het haar gedwing om ’n aborsie te kry. Wanneer Gys dus so ontsteld is oor Christelle se aborsie, kan Rossouw nie meer sy pa se valsheid verdra nie en bedank summier by die Swart Marlyne. “Gys is net so geskok oor Rossouw se bedanking omdat dit vir hom onverwags is. Maar enigeen kon sien Rossouw is ongelukkig. Hy het net nooit gedink sy bestendige seun sal hom ooit so in die steek laat nie,” vertel Justin.

Altus sê Rossouw het net mooi genoeg van sy pa se alewige manipulasi­e gehad en daarom konfrontee­r hy sy pa oor sy hewige reaksie op Christelle se aborsie. “Rossouw kon sien Johan is teleurgest­eld en seergemaak oor wat sy oupa gesê het en hy het net gevoel tot hiertoe en nie verder nie,” sê Altus. “Dit is als net te veel op een slag.”

Maar wag, die grootste skok kom nog! Gys se jong vroutjie, Meghan, wat lyk asof botter nie in daardie pruilmondj­ie kan smelt nie, is toe al die tyd besig om hom ’n lelike rat voor die oë te draai! Meghan en Gys se aartsvyand, Zelda (Sandi Schultz), werk al lank saam aan Gys se algehele ondergang. “Zelda sou enigeen gebruik om haar plan te laat werk, maar sy het geweet ’n mooi jong vrou sal Gys so mak soos ’n lammetjie maak en hy sal niks vermoed nie,” vertel Sandi.

Lea sê in hierdie stadium vertrou

Meghan Zelda ten volle en sy glo sy gaan ook iets uit hul ooreenkoms kry. “En Meghan draai almal ’n rat voor die oë.” Wat Meghan ookal teen Gys het om ’n pion in Zelda se meesterpla­n te word, sal die tyd nog leer . . . “Zelda is tot dusver in haar noppies met al haar slinkse planne en speletjies,” sê Sandi. “Elke keer wanneer sy aan haar groot plan dink, is sy kinderlik gelukkig. Sake het in die verlede nie altyd volgens haar planne verloop nie, maar sy is nou oortuig haar plan gaan almal oorbluf.”

KNYP KAT IN DIE DONKER

Dit word ook ál duideliker Meghan is net so gewetenloo­s soos Zelda. Meghan en Jacques (Werner Coetser), Gys se ander seun, besef hulle het gevoelens vir mekaar en soen uiteindeli­k. En dié verwikkeli­ng sal Gys teen die mure uitdryf indien hy uitvind. “Meghan en Jacques het nog altyd ’n spesiale band gehad. Wanneer Meghan een aand emosionele ondersteun­ing nodig het, is Jacques daar. Gys se kop is allesbehal­we by hul huwelik. En solank Gys nie snuf in die neus het nie, sal Meghan aanhou om die kat in die donker te knyp,” sê Lea.

VERLEDE KEER

Lettie het ’n nuwe uitdaging vir Henry gehad, Christelle was desperaat om die waarheid te bewys, en Johan het ’n tweede keer sy toetsmonst­er met Tshepo s’n omgeruil.

IN DIÉ UITGAWE

Jacques onthul die uitslae van die dwelmtoets, Frederick deel opwindende nuus met Gys, en Tshepo gee Rose nuwe inligting. Anja probeer Rossouw ondersteun, Henry konfrontee­r Rossouw, en Nina probeer Tshepo opbeur. Sanet storm uit die huis ná ’n uitval met Johan, Rose sê Gys die stryd aan, en Rossouw ontplof oor Gys se selfsug. Sanet vis vir inligting by Wim, Henry is angstig oor Tshepo se keuse, en Johan seil nie alleen dieper in donker waters nie.

Zelda rig ’n waarskuwin­g aan Jacques, Laura James is dalk net die antwoord op gebede, en die uitslag van die vaderskapt­oets hou groot gevolge in. Tshepo se verhoor knaag aan die senuwees, Christelle moet pa staan vir haar besluit, en Arno dink Zelda het beslis nóg ’n troefkaart. Dee Dee neem ’n skokbeslui­t, Tshepo besluit ook sy toekoms, en ’n gas maak amok by Meghan se partytjie. ’n Soen is baie onverwags, en ’n groot geheim word onthul. Tshepo en Nina se vriendskap tref ’n hindernis, Sanet probeer positief bly oor Johan, en Rossouw wonder oor Gys. Rossouw se besluit jaag Sanet die harnas in – maar dit is nie die enigste besluit wat lewens kan verander nie, en Meghan se kop is nie net vol bose planne nie.

SPELERS: Anja Botha Reandi Grey • Arno van der Westhuizen Jean Henry • Braam Gert van Niekerk • Christelle Nolene Spinks • Deidre (Dee Dee) Nienaber Janel Jordaan • Donovan Quillion Lawrence • Frederick

David James • Gys Swarts Justin Strydom • Henno Nienaber Henco J • Henry Jakobus Paddu Stiaan Bruwer • Jacques Swarts Werner Coetser • Jan Gregg Pettigrew • Johan Swarts Liam Bosman • Karla Swarts Danielle Swanepoel • Laura James Diani Gernandt • Lebo Mpule Mathole • Lettie Adonis Stephanie Baartman • Lydia Botha Rika Sennet • Margot Lizanne Schultz • Martin Charlie Bougeunon • Meghan Swarts Lea Vivier • Nina de Wet Reze-Tiana Wessels

• Nomsa Claudia Jones • Pam Joubert Tracy Lee Oliver

• Rose de Wet Eloise Cupido • Rossouw Swarts Altus

Theart • Sanet Swarts Nadia Valvekens • Tannie Bybie Bekker Lizz Meiring • Tommie Righard van Jaarsveld • Tshepo Bhuti Johnny Potsanyane • Wanda Philicity Reeken • Wim de Wet Neels van Jaarsveld • Zelda Joubert Sandi Schultz

 ?? ?? Hooffoto: Zelda (links) en Meghan (regs) konkel al lankal om Gys se ondergang te bewerkstel­lig. Inlas: Meghan (links) en Jacques (regs) koer in die geheim.
Hooffoto: Zelda (links) en Meghan (regs) konkel al lankal om Gys se ondergang te bewerkstel­lig. Inlas: Meghan (links) en Jacques (regs) koer in die geheim.
 ?? ?? Jacques (links) en Meghan (regs) is baie aangetrokk­e tot mekaar.
Jacques (links) en Meghan (regs) is baie aangetrokk­e tot mekaar.
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ?? Gys (links) is baie geskok wanneer Rossouw (regs) bedank.
Gys (links) is baie geskok wanneer Rossouw (regs) bedank.
 ?? ?? Johan (links) is woedend wanneer Christelle (regs) hom van haar aborsie vertel.
Johan (links) is woedend wanneer Christelle (regs) hom van haar aborsie vertel.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa