TV Plus (Afrikaans)

‘Ek is lojaal, dis al’

Philip Moolman onthul hoe sy prokureurk­arakter Niel se kop werk en hoekom hulle glad nie eenders is nie.

-

“Jare lank al hoor kykers Chris (David Rees) sê: ‘Niel sal dit regmaak’, ‘Niel sal hom regsien’, ‘Niel sal seker maak niks kom terug nie’,” sê Philip Moolman. “Nou gaan ons die geheimsinn­ige man in lewende lywe sien en hy is nie wat baie mense verwag nie.” Om mee te begin, Niel is nie Mafia-prokureur met ’n begrafnisg­esig nie. “Hy is opgewek. Hy stap by ’n vertrek in terwyl hy grondboont­jies uit ’n pakkie eet en ’n Hawaise hemp soos in die Magnum, P.I-aksiereeks in die 1980’s,” sê die akteur. “Ek bring baie van my humor en eienaardig­hede na die karakter sodat kykers hulle meer met Niel kan vereenselw­ig.” Maar moenie ’n fout maak nie – Niel is gevaarlik.

LOJAAL MET LEUENS

Niel is al dekades lank die Welmans se prokureur en vertroueli­ng en dit beteken hy het kennis van hul binnekring . . . wat ons almal weet nie altyd wettig is nie. “Niel verklap nie geheime nie. Hy is lojaal en ’n vriend van die Welmans. En hy wen tot elke prys,” sê Philip, wat in die 1990’s saam met David in die ikoniese SA sepie Egoli: Plek Van Goud gespeel het.

Net omdat Niel lojaal is wanneer dit by die regstel van probleme kom, beteken dit nie hy is onskuldig nie.

Om die waarheid te sê, Philip sê Niel is die laaste een wat ’n klip kan gooi. “Niel het ’n vrou en hy het ’n geheime vrou. Hy’s byna deel van die Welman-gesin – en daar word geskimp een of twee van die Welman-kinders is dalk nie Chris s’n nie. Ons moet maar sien wat die draaiboeks­krywers daarmee gaan doen . . . maar Niel is effens verdag wat dit betref,” sê die akteur. “Daar gaan in ’n stadium konflik tussen Niel en Chris wees.”

GAAF, EN NIE GAAF NIE

Daar is altyd kreatiewe ruimte wanneer ’n karakter gebou word en vir Philip, het dit hom toegelaat om van sy eie persoonlik­heid in Niel te sit. Maar daar is ook baie verskille. “Ek hou daarvan dat hy bereid is om homself op te offer vir die mense wat hy liefhet. Op daardie manier is hy eintlik ’n goeie ou. Maar hy het ook geen gewete oor misdadighe­id nie, wat ek dink hom soveel pret maak. . . maar dis ’n aaklige karaktertr­ek in die regte wêreld,” sê Philip, en voeg by: “Die ding van die slegte of bose karakter vertolk, is jy kan kreatief wees en die kykers se hartsnare roer. Die beste ding van ’n misdadige karakter is om hom menslikhei­d te gee. Sit hulle in ’n posisie waarin hulle innerlike botsing ervaar en jy laat hom iets doen wat groots en heroïes is, maar wat nie noodwendig deel vorm van wat hulle per definisie is nie.” Of ons gaan sien of Niel homself in gevaar gaan stel om Chris – of een van “hul” kinders – te red, is ’n ander storie. Nou bult Niel sy regspiere en maak seker nie een lid van die Welman-gesin beland agter tralies (of nog erger) nie.

 ?? ?? Die besties Niel (links) en Chris (regs) voer altyd saam iets in die mou.
Die besties Niel (links) en Chris (regs) voer altyd saam iets in die mou.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa