TV Plus (Afrikaans)

Besties en soveel meer

Shady en Uys het gevorder van aangetrokk­e op ’n afstand tot regtig verlief – en almal is gelukkig!

-

Hillside se jonger groep was onseker van hul vriendin Shady (Beáta Bena Green) se laaste verhouding en tereg – haar oornagroma­nse met die nuweling Jermaine (Adrian Steyn) het in trane geëindig toe hy ontbloot is as ’n roemvraat manipuleer­der met sterre in sy oë, en hy het Shady gelos toe hy klaar was met haar. Wanneer Shady en Uys (Daniel Coetzee) dus baie nader aan mekaar kom, is dit baie anders as met Jermaine. “Dit het begin as ’n suiwer fisieke aantrekkin­g. Sy waardeer hom en hy waardeer haar,” verduideli­k Beáta. “Hulle het mekaar in versoeking gelei en dis aanvanklik ’n baie wispelturi­ge rede (om ’n verhouding te begin), maar dit groei en ontwikkel in iets baie meer betekenisv­ol,” voeg die aktrise by.

HET BAIE GEMEEN

Nie Uys of Shady het al veel geluk gehad in hul liefdeslew­e nie. “As dit nie vir slegte geluk was nie, sou hulle geen geluk gehad het nie,” sê Beáta en lag. “Saam is hulle wonderlik.

Hulle werk een oomblik op mekaar se senuwees, maar dan is hulle weer so diep in emosie dat hulle perfek is as ’n paartjie. Hulle het emosioneel ook na mekaar toe gedryf sonder om dit agter te kom.”

Dis nie net slegte romanse wat Shady en Uys gemeen het nie – hul persoonlik­hede is baie dieselfde. “Hulle is albei vreemd en pret en maak die meeste van die lewe,” sê Beáta. “Hulle hou daarvan om met mense te sosialisee­r. Dis pragtig wanneer hulle saam is en hul familie en vriende gaan bly wees wanneer hulle Shady en Uys saam sien.” Al een wat dalk nie bly gaan wees nie is Zee (Ray Neo Buso): “Want hy het sedert hulle verlede Desember ontmoet het gevoelens vir Uys,” sê Beáta, en voeg by: “Maar hy kon nog nooit iets daaromtren­t doen nie.”

OLIFANT IN DIE VERTREK

Maar wat van Jermaine? Hy en

Shady is nie saam nie, maar hy het in Januarie na Hillside teruggekee­r en Shady versorg hom sedert sy ongeluk. “Dit gaan vir hom moeilik wees om te sien Shady is gelukkig met iemand anders – hulle het ’n unieke band wat niemand kan verstaan nie. Dis soos ’n sielsgenoo­t,” sê Beáta en voeg versigtig by: “Shady gaan saam met Uys wees. Sy en Jermaine is klaar met mekaar. Sy gaan nie in ’n liefdesdri­ehoek gewikkel word nie. Nie dié vrou nie!”

 ?? ?? Shady (links) en Uys het die afgelope maande nader aan mekaar gegroei.
Shady (links) en Uys het die afgelope maande nader aan mekaar gegroei.
 ?? ??
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa