TV Plus (Afrikaans)

IN DIÉ UITGAWE

-

Akgün en Jasmin ontmoet mekaar om totsiens te sê, Selim besoek Canan om haar te verras, maar wanneer hy by die vertrek instap, hoor hy haar dinge sê wat hy nie wou hoor nie, en wanneer Emel Naz se skootreken­aar gebruik om ’n video te kyk ontdek sy ’n verdagte video van Metin. Jasmin is verbaas Akgün het nie gevlug nie, Akgün stamp koppe met ’n mededinger, en Canan wil uitvind wie Selim die sondebok wou maak. Akgün vind ontstellen­de nuus uit oor een van Halil Sadi se planne, daar is moeilikhei­d in die Kara-huishoudin­g nadat Selim Jasmin in ’n moeilike situasie betrap, en Canan neem die uitgelekte videositua­sie in eie hande.

Halil Sadi het ’n slinkse plan om terselfder­tyd van Selim en Akgün ontslae te raak, Selim word ná die skietvoorv­al na die hospitaal gehaas, en Canan en Serap is bekommerd oor Emel. Naz sukkel om haar ouers se situasie te aanvaar, in die nasleep van die aanslag op Selim se lewe neem dinge ’n wending vir die ergste, en Serap vertel vir Emel van Fatih. Jasmin vertel Selim waarom Akgün gebly het, nuus van Akgün se beweerde misdaad versprei, en Selim probeer sy familie oortuig Akgün is onskuldig. Metin het genoeg gehad van die geheime, die spanning bly hoog tussen Naz en Metin, en Akgün en Soner maak ’n plan om Selim te help.

SPELERS (met stemkunste­naars waar beskikbaar): Ahmet Tunali Cengiz Okuyucu (Stiaan Bruwer) • Akgün Taskin Alperen • Duymaz (Markus Haywood) • Altay Kara Ata Nedim Arman (Caiden Bouwer) • Arda Ates Can Sarp Ikiler (Steven Sterling) • Canan Kara Funda Eryigit (Zetske van Pletzen) • Emel Yaman Sezer Koç (Elzabé Zietsman) • Eray Duraner Yunus Narin (Zak Hendrikz) • Fatih Doganay Emre Karayel (Ryno Hattingh) • Halil Sadi nie beskikbaar nie (Eben Genis) • Jasmin (Yagmur) Kara Hafsanur Sancaktuta­n (Izel Bezuidenho­ut) • Kaan Gök Erdem Sanli (Rolwen von Gericke) • Latif nie beskikbaar nie (Emile Smit) • Metin Yaman Sinan Tuzcu (Francois Coetzee) • Naz Yaman Yasemin Yazici (Maude Saunders) • Selcuk Taskin Arif Piskin (Kevin Smith) • Selim Kara Ali Atay (Jacques Gombault) • Serap Gök Sebnem Dönmez (Natasja Jacobs) • Soner Sancaktar Halil Babür (Adrian Steyn)

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa