TV Plus (Afrikaans)

IN DIÉ UITGAWE

-

Die Zwide-kinders begin regtig die gevolge van Funani en Faith se oorlog voel, Soka se wêreld word op sy kop gekeer, en ’n besorgde Zanele besluit om die waarheid oor haar broer uit te vind.

Molefe is vasgevang in sy susterskin­d se drama, Nkosi probeer die regte ding doen, maar word deur ’n belangrike oproep onderbreek, en die seuns pak ’n nuwe hoofstuk in hul lewe aan.

Sandile ondersteun Soka op ’n groot manier, Shoki en Zanele is bekommerd Nkosi gaan iets simpels doen, en Shoki is in die middel van ’n onverwagte sosiale mediastorm.

Senzo beland in groot moeilikhei­d en kry ’n ultimatum, Shoki en Nomsa is in ’n onmoontlik­e situasie, en Nkosi en Zanele vier iets wat soos ’n groot oorwinning lyk.

Molefe begin werk aan sy gedoemde ekstra werk, en Funani vind uiteindeli­k die waarheid uit oor wat in sy huis aangaan.

Molefe begin sy missie om aan

Dorothy ’n goeie lewe te gee, Molefe kry broodnodig­e raad wanneer hy sy sakeprojek aanpak, en Senzo neem ’n groot besluit.

Molefe het ’n plan maar is desperaat vir Isaac se hulp, en Nomsa kom agter sy speel huishulp.

SPELERS: Alex Khadzi Warren Masemola • Benjamin Philimon Tjale • Busi Ntandose Mosibi • Bra Carter Andile Mbatha • Bra T Paul Maila • David Lerato Mokwena • Dorothy Brenda Mukwevho • Jacob de Villiers Noah Cohen • Faith Zwide Winnie Ntshaba • Funani Zwide Vusi Kunene • Gugu Kayise Ngqula • Isaac Molapo Jeffrey Sekele • J’adore Niza Jay Ncoyini • Keletso Karabo Magongwa • Kelly Khumalo Kelly Khumalo • Laz (Lazarus) Khaya Dladla • LJ Mondli Dlamini • Mampho Gaisang Noge • Mavuso Jacob Ntshangase • MaZwide Nandi Nyembe • Molefe Motlsi Mafatshe • Ona Molapo Nefisa Mkhabela • Naledi (kanaal kon nie akteur se naam verskaf nie) • Nambitha Sikelelwa Vuyelani • Nikiwe Thembisa Mdoda • Nina Tshiamo Modisane • Nkosi Zwide Wanda Zuma • Nomsa Lwaziluban­zi Mthembu • Pearl Lois du Plessis • Rea (Reabestswe) Matshepo Maleme • Zanele Londeka Mchunu • Shoki Shalate Sikhabi • Sandile Paballo Mavundla • Soka (Sokalezwe) Linda Nxumalo • Senzo Olwethu Mackay • Zanele Zwide Londeka Mchunu • Zechariah Ernest Ndlovu

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa