TV Plus (Afrikaans)

IN DIÉ UITGAWE

-

Nur wil weer modelwerk doen en vra Fatih om haar bestuurder te wees, Yigit hou niks van die idee dat Nur weer ’n model wil wees nie, en Cahit voel soos ’n held nadat hy Yagmur help om van Sedat ontslae te raak en Elmas gebruik dit om nader aan hom te kom. Nur en Yigit hanteer elkeen hul woede op hul eie manier, Iclal gebruik hierdie situasie tot haar voordeel, en die Kozan-huis is geskok toe die polisie by hulle opdaag. Yigit is steeds ontsteld oor Nur se planne om ’n model te wees en neem ’n drastiese besluit, Emin probeer Yagmur troos, en Iclal sit een van haar gesogte juweliersw­are op ’n veiling.

Yigit verloor weer sy humeur, hierdie keer op die jaarlikse Lenteveili­ng waar sy oordrewe manlikheid hom Nur op die ergste moontlike manier laat verneder. Yigit en Fathi vlieg in ’n helikopter wat gesaboteer is en in ’n bergagtige gebied neerstort. Yigit en Fatih oorleef die helikopter­ongeluk, maar sukkel in die donker om hul pad na die wrak terug te vind. Iclal glo Yigit is dood, maar Nur hou aan bid vir ’n wonderwerk, Nur is die eerste een wat Yigit omhels wanneer hy aankom, en Iclal en Firat ontmoet mekaar. Nazan maak seker almal dink Nazli is bang vir Elmas, en Yigit probeer Mert oorwen.

SPELERS (met stemkunste­naars waar beskikbaar): Aytul Aysegül Günay (Karin Retief) • Cahit Kozan Tugay Mercan (Denver Vraagom) • Elmas Tugce Kumral (Mia-Anne O’Kennedy) •Emin Yagizkan Dikmen •Fatih Taner Rumeli • Firat Hakan Dinckol • Gazanfer Ergun Tas • Hafize Hülya Gülsen Irmak (Susan Coetzer) • Hazal Ipek Elban • Iclal Safak Pekdemir (Shemane Harris) • Kerem Sancaktar Sencan Güleryüz • Mert Poyraz Bayramoglu (Jeandré Baard) • Nazan Yonca Cevher (Sanli Jooste) • Nur Amine Gulse (Sesethu Ntombela) • Ridvan Murat Prosciler • Sinan Eren Hacisaliho­glu • Yagmur Kozan Gözde Mutluer • Tayyar Ümit Yesin (Andreas Jordaan) • Yaren Kozan Ege Kökenli (Claudia Jones) • Yigit Kozan Tolgahan Sayisman (Gustav Gerdener)

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa