TV Plus (Afrikaans)

The Last Of Us

-

Seisoen 1 M-Net (*101) 21:00 Gruwel

Die bloedige gruwelreek­s The Last Of Us is dalk die beste reeks wat ons vanjaar sal sien – en dis nog net Februarie! Dit het in die eerste seisoen (wat ná net een episode vir ’n opvolgseis­oen hernu is) wêreldwyd allerlei rekords opgestel. “Ons het nooit hierdie soort ontvangs verwag nie,” sê die hoofster Pedro Pascal (Oberyn Martell in die epiese fantasiere­eks Game Of Thrones). “Ons het geweet dit sal groot wees, maar dit oortref ons verwagting­e.”

1 Die reeks fokus op ’n pandemie wat die mensdom in zombieagti­ge monsters verander het. Die reeks se tydsbereke­ning is ’n toevalligh­eid terwyl die wêreld steeds die gevolge van die Covid-19-pandemie verwerk. Dis gegrond op ’n gelyknamig­e 2013-videospele­tjie en is sedert middel 2018 in produksie.

2 Pedro (die gekwelde oorlewende Joel) en sy medester Bella Ramsay (Lyanna Mormont in Game Of Thrones, en die virusbesta­nde

Ellie in die reeks) het die videospele­tjie saam gespeel nadat hulle die rolle gekry het. “Dit was ’n wonderlike kans om ’n band te smee. Ons is albei in Game Of Thrones dood, hopelik bly ons nou leef,” sê Pedro.

3 Baie van die speletjie se stemakteur­s het hul speletjier­olle of soortgelyk­e rolle gekry.

4 Tensy die base van die reeks se netwerk, HBO, meer wil hê, sal daar seker vier seisoene wees om die hele speletjie te dek. “Ek weet nie – dis soos Game Of Thrones,” verduideli­k Bella, “waar die base ’n ander seisoen wou hê as die boeke waarop dit gegrond is, die skryfspan het dus ’n paar bykomende tonele en storielyne geskep om dit aan te vul.”

 ?? ?? Ellie (links) en Joel (regs) probeer ’n dodelike pandemie en sy monsters oorleef.
Ellie (links) en Joel (regs) probeer ’n dodelike pandemie en sy monsters oorleef.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa