TV Plus (Afrikaans)

Die Groot Afskud

Seisoen 1 VIA (*147) 20:00 Realiteit

-

“Dit is onmoontlik om gesond te leef sonder ’n gesonde verhouding met jouself en jou geestesges­ondheid,” sê die sielkundig­e Dewald Louw wat te sien is op VIA se gewigsverl­iesprogram Die Groot Afskud. Twee spanne van drie deelnemers elk ding in die reeks mee om gewig af te skud en die groot prys van R300 000 (R100 000 per deelnemer) te wen!

Dewald het tydens produksie nie ’n probleem met die kameras gehad nie, want hy is ’n beroemde in eie reg. “Ek kom uit ’n musiekagte­rgrond en het in 2006 die eerste Afrikaanse Idols gewen het,” sê Dewald. “Dit kan ’n uitdaging wees om mense as ’n sielkundig­e op televisie te help. Dit is moeilik om ’n terapeutie­se atmosfeer te skep met regisseurs en ’n kameraspan rondom jou. Maar ek bewonder die deelnemers wat hul stories in hierdie reeks vertel het se deursettin­gsvermoë en dapperheid.”

Dewald sê trauma en emosionele probleme kan ’n groot rol speel in ’n mens se gewig. “Wanneer ons nie aan ons negatiewe emosies uiting gee nie, vind ons ander maniere om beter oor onsself te voel. Slegte gewoontes word aangeleer, soos verslawing aan kos, alkohol of enige ongesonde coping mechanism. Dit is belangrik om met iemand te praat en genesing vir jou trauma te kry.”

Van die deelnemers wyk van hul eetprogram af, maar Dewald sê dis normaal. “Dis moeilik om gewoontes te verander. Dis normaal om te sukkel en foute te maak,” sê hy. En watter raad het hy vir kykers wat gewig wil verloor? “Begin met realisties­e doelwitte. Dit moet maklik wees om te begin. Kry iemand met wie jy daaroor kan praat en wat die stryd dalk saam met jou kan aanpak.”

 ?? ?? Die sielkundig­e Dewald Louw (foto) help deelnemers aan Die Groot Afskud om geestelik gesond te bly.
Die sielkundig­e Dewald Louw (foto) help deelnemers aan Die Groot Afskud om geestelik gesond te bly.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa