TV Plus (Afrikaans)

Son Of A Critch

Seisoen 1 M-Net (*101) 22:00 Komedie

-

Stories oor grootword is deesdae baie gewild by beroemdes en die komediant Mark Critch het ook op die wa geklim met sy reeks Son Of A Critch. “Ek het my memoire in 2018 geskryf en my sakevennoo­t het gesê ek moet dit in ’n TV-reeks verwerk,” vertel die 48-jarige Kanadees. “Ek het gedink dis die moeite werd om te probeer, dus het ons dit voorgelê . . . en nou het ons ’n reeks!”

1 Mark was as kind nie van nature snaaks nie. “Ek kon nie ’n grap vertel nie. Dit was eintlik ’n ontsnapmeg­anisme – ek is op skool afgeknou en het geleer snaaks wees kan die boelies van my weghou. Dit het my skooljare makliker gemaak . . . en was baie lonend,” sê die akteur. 2 Sy eerste werk op ’n rolprentst­el was as ’n koffiekeln­er. 3 Mark vertel: “Ek het geswymel oor die sterre. Die hoofspeler­s was destyds gewild in Kanada, maar niemand in die regte wêreld sou hulle ken nie. En ek, ’n 16-jarige seun bring vir hulle koffie en croissants. Ek was oorstelp!”

Mark se ouers was nie bekommerd omdat sy loopbaan stadig posvat nie. “Hulle was nie ryk nie, maar het genoeg gehad om my te help. 4Hulle het gesê hulle staan agter my, en dit was lekker om te hoor,” sê hy.

Een van sy gunsteling-bronne vir materiaal is politici. Mark sê: “Ek skryf graag satires oor hulle, want hulle gee jou soveel om mee te werk. Maar ek het oor die jare heen geleer – en ek het baie politici ontmoet – hul hart sit in een of ander stadium op die regte plek.”

Die enigste akteur wat Mark self gekies het, was Ben Ainsworth, wat die jong Mark speel.

 ?? ?? Mark Critch (hooffoto) wou hê die Britse akteur Ben Ainsworth (inlas) moet homself speel.
Mark Critch (hooffoto) wou hê die Britse akteur Ben Ainsworth (inlas) moet homself speel.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa