TV Plus (Afrikaans)

SÓ PAS SES SKOKTONELE VAN DIE SEISOEN SE PREMIERE IN DIE STORIE

-

1 BRAAK BLOED

Clara (Tarryn Wyngaard), ’n pasiënt by die Fort Vannenberg-toevlugsoo­rd, sien ’n ander pasiënt hardloop en om hulp roep terwyl haar oë, ore en neus bloei. Die vrou braak bloed op verpleegst­er Innocentia (Gabriella Cirillo). Clara is in die inrigting opgeneem nadat sy van die dorp se leiers beskuldig het dat hulle haar verkrag het toe sy die Lenteprins­es was. Dit was deel van ’n ritueel wat geïnspiree­r is deur die storie van die dorp se stigter Jacob Fischer wat Okhethiwey­o van die San Qlwashu-stam – ’n voorouer van die Zithas rondom 1825 – swanger gemaak het. Sedertdien teken Carla obsessief mans en vroue met barberkopp­e. Toe sy Fort Vannenberg se hoofpsigia­ter dr. Ben Nel (Andre Odendaal) vertel wat sy gesien het, gee hy voor Clara het gehallusin­eer en sê minagtend: “Kyk na jou. Wie by sy volle verstand wil dít verkrag?” Dr. Nel werk aan ’n behandelin­g wat herinnerin­ge uitwis, wat die kultus help om sy spore dood te vee. Later eis Rudy dat dr. Nel “haar vrylaat”

. . . nie Clara nie, maar Yolanda, wat tydens die Lentefees verdwyn het.

2 DIAMANTE EN SKEDELS

Die prokureur Franz Joubert (David James) neem Rudy tydens die vieringe eenkant toe om hom te vertel van die spoeldiama­nte wat gevind is in Mamlambo’s Bend, wat deel is van die Zitha-familie se eis op hul voorouers se grond. Intussen is Rudy broer, die varkboer Max (Gerald Steyn), in sy masjiengra­af by ’n rivierbank in Mamlambo’s Bend waar Rudy hom vertel het om ’n nuwe pad te bou. Terwyl hy grawe, grawe hy wat hy noem ’n “waterval skedels” op uit ’n historiese graf. Maar Rudy is ontwykend en sê hy moet net van die geraamtes ontslae raak.

3 GRONDGRYPE

Mbonisi se suster Lindiwe (Faniswa Yisa) en kleinseun Themba (Pallance Dladla) volg Mbonisi se inyanga- vakleerlin­g Qaqamba (Thembisa Mdoda) wanneer hulle ’n ritueel oor sy graf uitvoer voor hulle huis toe gaan om die Zithas se familieged­enkdiens hou. Yolanda se suster Sienna (Natasha Loring) vertel die Zithas Yola word steeds vermis, maar om Yola se wens na te kom, gaan sy nie die Zitha-familie se grondeis by Mamlambo’s Bend teëstaan nie. Kort daarna onderbreek Rudy die Zithas se begrafnisd­iens om Themba te vertel hy wil die grond by Mamlambo’s Bend en die huise waarin Themba se familie woon, koop om ’n toeristeoo­rd te bou ter voorbereid­ing van die grotte by die Bend wat ’n erfenister­rein gaan word. Hy verklap niks van die diamante nie.

4 DIE VOOROUER

Tydens die begrafnis wat nog voortduur sien Themba ’n figuur in velklere, wat verdwyn wanneer Themba na hom gaan soek. Dit is dalk Gebuagu (Collin “Die

Boesman” Meyer), ’n San-voorouer wie se graf pas versteur is. En dit spoor Themba aan om ’n meer gekomplise­erde rol in die Zitha-familie te speel, en hul grondeis te bevestig om hul voorouers te herbegrawe.

5 MONSTER-ETE

Terwyl die families rondplas, hou ’n groot gedierte met ’n krokodilst­ert onder die oppervlak van die dam wag oor sy nes en ’n broeisel eiers. Van bo af lyk sy skaduwee in die water soos ’n vis so groot soos ’n motorboot. Dié gedierte, of een van die watergeest­e, hou die boelie Danie (Charl van Schalkwyk) dop – een van die mans wat gekies is om die Lenteprins­es te verkrag. Wanneer hy die aand water uit die dam gaan haal, word Danie onderwater getrek en verdrink (hopelik).

6 KLOP, KLOP . . .

Ná ’n daggarooks­essie met Clara se broer Charlton (Marvin-Lee Beukes) by Mamlambo’s Bend, is Themba beangs, en hy hardloop huis toe terwyl Lindiwe die deure en vensters vreesbevan­ge versper. In ’n skokeinde sien ons hoe Themba woes aan die deur hamer, Sienna antwoord ’n klop aan haar deur en Yolanda staan op die drumpel.

Wanneer seisoen 2 voortgaan, werk die kultus oortyd om Yolanda die plaas aan hulle te laat oorteken en van die verkragtin­g te vergeet .

. . en om seker te maak Sienna vind nooit die waarheid uit nie.

 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa