TV Plus (Afrikaans)

Mis voor die son

Matthew Macfadyen neem ons in die gedagtes van die Britse LP wat sy dood op ’n strand in Miami geveins het.

-

Stonehouse

Kyk Stonehouse nou op BritBox.

In 1974 het die hoëprofiel Britse LP John Stonehouse vanaf ’n strand in Miami, Florida, verdwyn. Hy het sy vrou, Barbara, drie kinders en ’n belowende politieke loopbaan agtergelaa­t. Maar die gewetenlos­e LP het nie verdrink of is deur haaie gevreet nie. In die spannende BritBox oorspronkl­ike drama Stonehouse, ontrafel die draaiboeks­krywer John Preston die waarhede wat stadig aan die lig gekom het nadat die Australies­e polisie ’n man genaamd Clive Mildoon gearrestee­r het . . . menende hy is Lord Lucan, die moordenaar van ’n kinderoppa­ster. (Sien verduideli­king in kassie)

Die daaropvolg­ende dramatiese storie van Stonehouse se gevangenem­ing en terugkeer na die politiek was aas vir die Britse pers. Selfs dekades later noem Preston die Stonehouse-sage “een van die bisarste ware lewe verhale wat ek ooit teëgekom het”.

Die Emmy bekroonde akteur Matthew Macfadyen (Succession, Pride and Prejudice), wat die rol van John Stonehouse speel, grawe diep in die man en sy komplot om ’n dooie man se identiteit te steel . . .

DIE MAN

“Ek is gebore ’n maand voor John Stonehouse sy dood in November 1974 geveins het,” sê Matthew. “’n Mens weet nie wat sy motivering was nie, maar daar is parallelle met huidige politici. ’n Ontkoppeli­ng tussen hulle wat hul werk doen en hul idee van hulself. Daar is ’n reël wat Barbara sê: ‘Die moeilikhei­d met jou, John, is jy wil altyd iemand wees wat jy nie is nie.’”

Soms was daardie man ’n James Bond-styl spioen, wat vir die Tsjeggiese Republiek werk. Soms was hy ’n toegewyde gesinsman. Soms ’n man verstrenge­l in ’n vurige affair met sy sekretares­se, Sheila Buckley (Emer Heatley). Maar soos Stonehouse geknak het onder die eindelose kritiek in die politieke kollig, en finansiële probleme begin het, het hy ineengesto­rt. “Ek dink dit vind weerklank in vandag se gebeure. Ek is seker dis waar van baie politici. Daar is geen plek om te ontsnap of weg te kruip nie. Dit ontbloot al jou foute genadeloos. Dit het net te veel geword,” sê Matthew.

TOTSIENS, WREDE WÊRELD

“Ek het dit vertolk asof hy op die rand van ’n senuwee-ineenstort­ing was – hoewel, soos sy vrou later uitwys sodra hy weer verskyn, indien hy ’n senuwee-ineenstort­ing gehad het, het hy alles goed vooraf beplan. Daar is ’n buitengewo­ne toneel wanneer hy sy familie groet en vertrek op ’n sakereis na Miami, sonder dat hulle weet dis bedoel om vaarwel te wees. Dit was moeilik om daardie toneel te speel,” sê Matthew. “Ek dink hy het besef wat die menslike offer was van wat hy gedoen het. Dit moes in elk geval so ’n yslike ding gewees het om te oordink, hy het dit dalk in sy gedagtes begrawe het.”

MEESTERLIK VERMOM

Vandag lyk die Stonehouse­verdwyning belaglik eenvoudig. “Hy het ’n paspoort gekry om die identiteit van een van sy oorlede kiesers aan te neem, met die idee om ’n nuwe lewe met Sheila in Australië te begin,” sê Matthew. “Dis daardie vermetelhe­id. ’n Soort ydelheid, wat ek fassineren­d vind. ‘Ek gaan dit net doen – dit gaan werk.’ Dit was baie makliker om destyds te verdwyn, toe nie een van vandag se moderne kommunikas­iemiddele bestaan het nie. Brittanje en Australië was letterlik wêrelde uitmekaar. Sy enigste vermomming was om die paadjie in sy hare na die anderkant te verander.” En tog het dit gewerk. “Hy is slegs in Australië opgespoor omdat iemand gedink het hy is Lord Lucan, ’n Britse tydgenoot wat ook verdwyn het. Andersins sou hy daarmee weggekom het. Wie weet?” sê Matthew.

 ?? ?? Die ware lewe egpaar Keeley Hawes (links) en Matthew Macfadyen (regs) speel Barbara en John Stonehouse.
Die ware lewe egpaar Keeley Hawes (links) en Matthew Macfadyen (regs) speel Barbara en John Stonehouse.
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa