TV Plus (Afrikaans)

Is dit die einde?

Kaashifa is oortuig haar en Rhafiek se paadjies moet skei . . .

-

“Kaashifa het afstand van Ruiterbosc­h en haar geliefdes nodig gehad ná die onthulling (in Desember verlede jaar) oor haar man Rhafiek (Irshaad Ally) en sy eksvrou

Carmen (Desiré Gardener) se aand van passie,” sê die aktrise Jawaahier Petersen oor haar karakter. Die feit dat Rhafiek moontlik Carmen se ongebore baba se pa kon wees, het Kaashifa tot in haar diepste wese geruk, maar sy ontrouheid aan haar was die swaard wat die seerste gesny het.

Kaashifa het in Januarie haar sakke gepak en na New York gevlug om perspektie­f oor haar huwelik te kry, want al het DNS-toetse bewys Rhafiek is nie die pa nie, kon Kaashifa sy verraad nie verwerk nie. “Sy voel nog presies net so kwaad vir Rafhiek soos toe sy gevlug het. Eintlik voel sy sterker as ooit sy en Rhafiek is net in naam getroud,” sê Jawaahier. En wanneer sy in Februarie na Ruiterbosc­h terugkeer is sy vasbeslote om van Rhafiek te skei.

’N VOLSTRUISB­ENADERING

Rhafiek probeer Kaashifa vermy wanneer hy hoor sy is terug. “Hy weet hy en Kaashifa gaan oor die onvermydel­ike moet praat, en daarom het hy eerder ’n volstruisb­enadering deur sy kop in die sand te druk as om die waarheid onder die oë te sien,” sê Irshaad.

Mymoena (Jill Levenberg), Rhafiek se ma, het egter ’n ander benadering en reik uit na haar skoondogte­r. “Mymoena hoop Kaashifa het van plan verander en wil dalk aan haar huwelik werk. Maar Kaashifa maak dit duidelik sy gaan nie van plan verander nie,” sê Jawaahier.

Intussen loop Kaashifa en Rhafiek mekaar toevallig in die Suidooster­sentrum raak en dinge is ongemaklik. “Hulle weet nie juis wat om vir mekaar te sê nie,” sê Jawaahier – maar dis baie duidelik hulle het wel nog gevoelens vir mekaar.

NÓG ’N TEKEN

Die volgende dag, nadat Rhafiek se halfsuster, Bianca (Simone Biscombe), vir Kaashifa gaan kuier het, bring Bianca vir Rhafiek sy baadjie terug wat daar vergeet het. “Dit is vir hom nóg ’n teken dat Kaashifa hom nie vergewe het nie en dat hul huwelik dalk nie meer gered kan word nie,” sê Irshaad.

En nie lank daarna nie besoek Kaashifa Rhafiek en vra hom om hul huwelik te beëindig.

Ishraad sê dis nie vir Rhafiek ’n verrassing nie. “Maar dis steeds ’n helse skok. Hy het regtig gehoop Kaashifa sal nie so ver wil gaan nie, want hy wil nie skei nie – dis die laaste ding wat hy wil hê moet gebeur. Nou word hy deur die werklikhei­d daarvan in die gesig gestaar en dis ’n baie bitter pil om te sluk.”

VERSOENING?

Mymoena en haar man, AB (Cedwyn Joel), se hart is gebroke wanneer hulle hoor Kaashifa het finaal besluit sy wil skei. “Mymoena probeer weer met Kaashifa praat en haar oorreed om haar besluit te heroorweeg, maar Kaashifa gaan haar nie deur die Samsodiens laat voorsê nie,” sê Jawaahier.

Die dag van die egskeiding breek aan waar Rhafiek volgens die Islam-kultuur aan sy vrou die Talaq (egskeiding) moet gee, maar voor hy sover kom, raak Kaashifa geweldig gespanne en paniekbeva­nge en vra hulle moet alles vir eers uitstel . . . Beteken dit versoening is vir Kaashifa en Rhafiek op die horison? Net die tyd sal leer . . .

Intussen word Carmen se baba gebore en Kaashifa besef sy het steeds komplekse gevoelens oor Carmen.

“Kaashifa weet Carmen sal altyd op een of ander manier deel van hul lewe bly omdat sy aan die Samsodiens verbind is deur Bianca (hulle is aangenome susters).

“Sy weet dus Carmen sal nooit weggaan nie, en dit gaan vir haar moeilik wees.

“Kaashifa kan net hoop sy sal mettertyd minder ontsteld raak oor Carmen se teenwoordi­gheid en besef Carmen hou nie meer ’n bedreiging vir haar in nie.”

 ?? ?? Rhafiek (regs) is geskok wanneer Kaashifa (links en inlas) hom vir ’n egskeiding vra.
Rhafiek (regs) is geskok wanneer Kaashifa (links en inlas) hom vir ’n egskeiding vra.
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa