TV Plus (Afrikaans)

Makliker gesê as gedaan

Nazeem plaas druk op Zoe om Tim te verlaat.

-

Zoe (Lauren Joseph) het moeilikhei­d! Haar skelmpie, die glibberige Nazeem (Irvine van der Merwe), wil hê sy moet haar argitek-man

Tim (Marco Spaumer) verlaat en saam met hom die hasepad kies. Maar dis makliker gesê as gedaan . . .

“Daar is baie op die spel indien

Zoe Nazeem bo Tim kies,” sê Lauren. “Nie net sal dit haar huwelik beëindig nie, maar dit sal haar verhouding met haar geliefde tannie Bridgette (Denise Newman), wat Nazeem as haar aartsvyand sien, vernietig. Boonop is Zoe ook onseker of haar gevoelens vir Nazeem regtig liefde is, en indien sy Nazeem kies, gaan haar lewe oornag verander – sy moet besluit of sy met die gevolge daarvan wil saamleef.” En boonop weet Tim Zoe het verlede jaar iemand uit selfverded­iging vermoor . . .

OP DOWE ORE

Lee-Ann (Portia Joel), Nazeem se halfsuster, het vroeër in Februarie van Zoe se affair uitgevind en sy probeer Nazeem oortuig hy mors sy tyd met Zoe, maar Nazeem wil niks hoor nie. “Nazeem glo vas Zoe is die een vir hom,” sê Irvine. “Hulle hoort bymekaar, maak nie saak wat nie.”

Daar is nóg komplikasi­es wanneer Nazeem en Zoe in ’n hewige stryery betrokke raak. “Nazeem is vies omdat Zoe eerder die vorige aand tyd saam met Tim deurgebrin­g het as om saam met hom op ’n geheime afspraak te gaan,” sê Irvine. “Sy jaloesie is besig om oor te neem, maar Zoe ruk hom in die bek en sê hy moet verstaan sy is steeds ’n getroude vrou en hulle moet seker maak Tim ruik nie lont nie.”

ZOE SE KEUSE

Nazeen is keelvol vir die situasie en sê vir Zoe sy moet saam met hom wegloop en iewers anders oorbegin, maar Zoe dink dis ’n dom idee.

“Dis onrealisti­es, maar Nazeem dink dis al hoe dinge tussen hulle kan uitwerk. Sy besef sy moet ’n keuse maak,” sê Lauren.

Ons mag nie verklap wie Zoe gaan kies nie, maar Nazeem gaan nie vir ewig wag vir Zoe om ’n besluit te neem nie. En teen Maart wys Nazeem sy ware kleure en maak hy dreigement­e wat Zoe in die kookwater kan laat beland . . .

VERLEDE KEER

Bennie het gewroeg oor of hy moet verhuis of nie, Nazeem en Zoe het die kat in die donker geknyp, en Angie het Carlo gered nadat hy ’n partytjie waar dinge handuitger­uk het skelm bygewoon het.

IN DIÉ UITGAWE

Angie sukkel om ’n bestaan te maak, Kaashifa en Rhafiek is steeds ongemaklik in mekaar se geselskap, en Zoe moet noodgedwon­ge haar planne kanselleer wanneer Tim ’n spontane afspraak reël. Chris en Kate se verhouding word getoets, Kaashifa neem ’n finale besluit oor haar toekoms met Rhafiek, en Nazeem is vasberade om sy hart te volg. Rhafiek en Kaashifa kom by die punt waar omdraai onmoontlik is, Angie kry ’n onverwagte geleenthei­d, en Zoe neem ’n skokkende besluit oor haar toekoms. Chris word met ’n interessan­te versoek genader, Angie en Wade vertel hul nuus aan Ty en Lee-Ann, en Chris begin ’n nuwe hoofstuk in sy lewe.

Brendan is glad nie gretig om in die pastorie te gaan bly nie, Wade word uiteindeli­k na een van Lillian se sosiale geleenthed­e genooi, en Siya en Danni is senuagtig oor Brendan se verblyf by hulle. Bianca neem ’n besluit wat groot gevolge kan inhou, Bianca en AB sukkel om met mekaar oor die weg te kom, en Angie kry ontstellen­de nuus. Susan word verras, Angie moet ’n onmoontlik­e besluit neem, en Bianca kry slegte nuus. Mrs J. moedig Lillian aan om oopkop te bly en Danni kry ’n groot verrassing wanneer sy by die apteek instap.

SPELERS: AB (Abdullah) Samsodien Cedwyn Joel •Anja Monique Basson • Bennie Richard September • Bianca Fourie Simone Biscombe • Bridgette Jacobs Denise Newman • Carlo Jadon Booysen • Brendan Caleb Arnolds • Chris du Plooy Marcel van Heerden • Danni (Danielle) Hendricks Vashti Prins • Elana Naudé Esther von Waltsleben • Eric Paul Savage •Junaid Hein Poole • Justin Potgieter Eden Classens • Kaashifa Mansour Jawaahier Petersen • Kate Vosloo Anne-lisa Weiland • Lee-Ann Jacobs

Portia Joel • Lillian Michele Maxwell • Mrs J (Sharleen Jacobs) Theresa Sedras • Mymoena Samsodien Jill Levenberg • Nazeem Jacobs Irvine van der Merwe • Retha Milan Murray • Rhafiek (Fiekie) Samsodien Irshaad Ally • Samantha Hannah Borthwick • Shahiema Anthina Jansen • Siya Thuli Gantane Kusch • Stella Fourie Mishka Ross • Susan Naudé Nastasha van der Merwe • Tim du Plooy Marco Spaumer • Ty (Tyrone) Daniels Maurice Paige • Wade Daniels Dean John Smith • Zoe October Lauren Joseph

 ?? ?? Zoe (regs) en Nazeem (links en inlas) se geheime verhouding is besig om te verbrokkel.
Zoe (regs) en Nazeem (links en inlas) se geheime verhouding is besig om te verbrokkel.
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa