TV Plus (Afrikaans)

Geheime bewonderaa­rs

Geskenke en misverstan­de veroorsaak krapperigh­eid tussen Naomi en Louis.

-

Februarie is nie net ’n spesiale maand omdat dit oor die liefde gaan nie, maar ook omdat dit een van die Binneland-kliniek se gunsteling­verpleegst­ers Naomi (Jeani Swiegelaar) se verjaardag­maand is. Haar man, Louis (Germandt Geldenhuys), reël vir haar ’n verrassing­spartytjie, maar dinge werk anders uit as wat hy beplan het. En dan vererger geskenke hul probleme.

BLOMME

Al die reëlings is getref vir Naomi se verrassing­spartytjie by Doepa, maar daar is drama wanneer die kroegman Brian (Louis Auret) sy hand met ’n glas sny. “Brian word na ongevalle gehaas en Naomi spring dadelik in om hom te help. Hulle gesels lank en Brian praat openhartig met Naomi oor sy gebroke hart,” sê Je-ani.

Die partytjie gaan intussen voort, maar wanneer almal daar is, besef hulle Naomi is nie daar nie, want niemand het haar laat weet om na Doepa te kom nie!

Die volgende dag is Naomi geskok om te hoor sy het haar partytjie misgeloop, maar voel tog gevlei dat haar vriende dit vir haar gedoen het. Later die middag kry Naomi blomme by die hospitaal en die kaartjie lees: “Jy verdien net die beste vir jou verjaardag vandag. Baie geluk, met liefde.” Naomi dink dit kom van Louis en bedank hom, maar Louis het geen benul wie dit gestuur het nie.

SJOKOLADE

Naomi kry nóg ’n geskenk met sjokolade, en ’n kaartjie wat sê

“Jy verdien om elke dag bederf te word.” “Dit ontstel Naomi, want sy weet nie van wie af dit kom nie,” sê Je-ani. Later die dag vind sy uit Brian het die blomme gestuur. “Hy sê sy is altyd so vriendelik en stel almal altyd eerste, en hy wou net hê sy moet spesiaal voel op haar verjaardag.” Naomi bedank hom, maar om die vrede te bewaar vra sy hom om niks vir Louis te sê nie en op te hou met die geskenke soos die sjokolade. Tot haar skok sê Brian hy het nie die sjokolade gestuur nie!

Kort daarna is daar nóg verwarring wanneer Naomi vonkelwyn as ’n geskenk kry met die boodskap: “Elke dag my Valentyn.” “Dinge het nou te ver gegaan en sy gooi die sjampanje by die drein af – net wanneer Louis instap en sê hý het dit gestuur,” verklap Je-ani. Dit lei tot ’n onderonsie want albei se gevoelens is seergemaak, maar ons dink nie hulle gaan lank kwaad bly nie.

VERLEDE KEER

Genevieve wou van Delia ontslae raak nadat Delia uitgevind het van Genevieve se geldverdui­stering, Annelize het haarself koud geskrik toe At voor haar deur opdaag, en Steve het liefdespro­bleme ervaar.

IN DIÉ UITGAWE

At het baie om te verduideli­k, Soekie smokkel met Conrad se kop, en Jacques het nuus oor Soekie. Lexi wil ’n ernstige gesprek met Steve hê, Bonnie se bekentenis aan Naomi laat haar dink, en Bonnie se groot aand breek aan. Soekie begin die legkaartst­ukke inmekaarpa­s en beraam ’n plan. Lexi wil nie weer vir ’n gek gehou word nie, Naomi sien rooi oor Brian, Rian en Uys het weer ’n gesprek oor die liefde, en At hoor skokkende nuus. Tracy probeer Conrad bemoedig, Danny het nie goeie nuus vir Naomi nie, en At moet vir Annetjie in die oë kyk.

Tracy kry ’n interessan­te geskenk, At probeer Conrad en Annelize verseker van sy besluit, en ’n verkeerde diagnose lei tot konfrontas­ie. Louis sukkel met vergifnis, Annetjie se ete word geruïneer, en Annelize maak haar hart teenoor Steve oop. Zee verkwalik haarself en sluit vir Danny uit, Uys is koud teenoor Febe, en Tracy speel nie oop kaarte met Tertius nie. Uys en Febe begrawe die strydbyl, en Danny raak geheg aan Amalia. ’n Pasiënt se teenwoordi­gheid in die hospitaal moet stilgehou word, en Conrad het ’n aanbod vir At. • Lees meer op ble. 20, 21 en 39.

SPELERS: Amalia Lily van Niekerk • Andries Richter André Odendaal • Annelize Roux Cindy Swanepoel • Annetjie Strauss Lorraine Burger • At Koster Hans Strydom •Brian Louis Auret • Bonnie Jacobs Antoinette Modise • Bronwyn Abrahams Kim Cloete • Chanel Samuels Lindsey Cele • Conrad Bester Hykie Berg • Danny Jantjies Bradley Olivier • Delia Richter Odelle de Wet • Ewa Marinov/Andrea Hayden Bianca Amato • Febe Claudia Jones • Gaby Toerien Maude Sandham • Genevieve Lee Delia Pereira • Hugo Vos Cobus Rossouw jr. • Jacques Charlie Bouguenon • Joline Hofmeyr Rika Nieuwoudt • Jonas Jacques Gombault • Julia Wessels Eloise Clasen • Karen Kriel Luandri Reynders • Louis Koster Germandt Geldenhuys • Lexi Abrahams Kisha Skeï • Liam Vorster David Viviers • Lucas Richter André Lötter • Naomi Koster Je-ani Swiegelaar • Oom Wimpie du Toit Paul Lückhoff • Rian Malherbe Erik Holm

• Rita Nortier Ilana Cilliers • Rodney Maynard-Smith Wilson Dunster • Ruan de Beer Caiden Bouwer • Sharon Basson Marissa Claasen • Soekie Kellerman Antoinette Kellermann • Steve Abrahams Clint Brink • Tertius Jonker Reynardt Hugo • Tracy Smit Melinda Viljoen • Uys Wagener Gerald Steyn • Vicky de Beer Roxanne Bornman • Zee (Zanel) Jordaan Mila Guy

 ?? ?? Daar is talle misverstan­de tussen Louis (inlas) en sy vrou, Naomi (hooffoto), oor al die geskenke wat sy van haar geheime bewonderaa­rs kry.
Daar is talle misverstan­de tussen Louis (inlas) en sy vrou, Naomi (hooffoto), oor al die geskenke wat sy van haar geheime bewonderaa­rs kry.
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa