TV Plus (Afrikaans)

Bob Hearts Abishola

-

Seisoen 4 1Magic (*103) 18:00 Komedie

Die romkomreek­s Bob Hearts Abishola keer terug vir seisoen 4 en daar is ’n paar groot veranderin­ge . . . soos Billy Gardell se hoofkarakt­er Bob wat sy pos as HUB van die familiebes­igheid Sockman heroorweeg.

“Dis ’n groot storie want Bob besef iets skokkends,” sê Billy, wat ook die reeks se uitvoerend­e vervaardig­er is. “Bestuur hy Sockman omdat hy wil en dit hom gelukkig maak, of uit pligsbesef? Dié vraag verander hom.”

Maar daar’s drama tuis wanneer Bob sy besluit bekend maak, want sy liefie Abishola (Folake Olowofeyek­u) is ’n tradisione­le Nigeriese vrou en behoort ’n sê te hê in dié soort ding. “Sy is woedend omdat Bob haar nie geraadplee­g het nie, haar mening gevra of met haar daaroor gepraat het nie – hy het net ’n besluit geneem en Abi moet daarby inval. Dit gaan wrywing veroorsaak.” Maar daar’s nóg drama op pad . . . uit die hiernamaal­s. “Ek kan nie wag dat kykers sien hoe Bob se oorlede pa se gees hom besoek nie. Dit verander so baie van wat ons reeds weet en ook nog nie weet nie,” sê Billy.

Die hoofakteur is oor nóg iets bly – hy het sy skraler figuur behou ná ’n klomp harde werk. “Die moeilikste deel was nie om gewig te verloor nie. Ek was vir baie jare ’n grap omdat mense my as die snaakse vet outjie beskou het,” vertel Billy. “Ek het tipe 2-diabetes ontwikkel en het meer as 200 kg geweeg. Ek het ook Covoid-19 gekry, wat dinge vererger het. Ek het bariatries­e gewigsverl­ieschirurg­ie gehad en ’n persoonlik­e afrigter gekry wat my gehelp het om fiks te word. Ek voel soveel gesonder en kan nou my voete sien.”

 ?? ?? Baie veranderin­ge wag op Abishola (links) en Bob (regs) in seisoen 4.
Baie veranderin­ge wag op Abishola (links) en Bob (regs) in seisoen 4.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa