Lan­ties was ’n plek waar skie­wies ge­foe­ter is

Ba­sie­se op­lei­ding in die weer­mag was “lig­te vrug­te” ná jy T­wee­spruit aan die lyf mee­ge­maak het. Só sê die skry­wer A­lex­an­der S­tra­chan in sy ar­ti­kel oor die Ho­ër Land­bou­skool T­wee­spruit. Lan­ties hou die na­week ’n groot reu­nie by Al­dam.

Volksblad - - Ontleding - A­lex­an­der S­tra­chan

As ek aan T­wee­spruit te­rug­dink, is daar ver­skeie din­ge wat by my op­kom. Tog staan se­ke­res uit. Een hier­van is na­tuur­lik ont­groe­ning. In daar­die ja­re is dit o­pen­lik toe­ge­pas, met die o­wer­he­de deeg­lik be­wus van wat aan die gang was.

Boon­op het dit ’n jaar lank ge­duur om­dat jy ’n baas ge­kry het vir wie jy deur sy vol­le ma­triek­jaar moes werk: Sy bed op­maak, die reg­te boe­ke in sy skool­tas pak om voor die reg­te klas­ka­mer in ’n net­jie­se ry te gaan neer­sit. Jy moes sy rug­by­trui was, vir hom vrug­te in die boord gaan steel, bad­wa­ter in­tap as hy oor ’n na­week nie wil stort nie, en tal­le an­der din­ge vir hom doen.

Daar was al­e­wig iets wat ver­keerd ge­loop het, want jy het da­rem ook jou eie skool­werk ge­had om na om te sien. Pa­s­op as jy sy klas­roos­ter ver­keerd ge­lees het, jy moes dit in elk ge­val uit jou kop ken, ver­kies­lik be­ter as jou eie. Dan het jy pak­slae ge­kry (in die wa­re sin van die woord). Jy mog nooit jou plig­te as skie­wie ver­suim nie. Nie­te­min het daar wel met­ter­tyd ’n band tus­sen jou en jou baas ont­staan. Hy kon jou dalk op ’n keer met ’n gem­mer­koe­kie be­loon uit die groot koek­blik wat hy van die huis af ont­vang het. Maar as skie­wie het jy ab­so­luut geen reg­te ge­had nie.

Op pos­dag is jou brief as­pris op die gras­perk ge­gooi. In die oom­blik van op­win­ding ver­geet jy na­tuur­lik dat jy nie op die gras mag trap nie. Daar­die aand was dit weer “sul­ke tyd”. Pak­slae is net voor bed-toe-gaan-tyd uit­ge­deel. Al die oor­tre­ders het in ’n ry ge­val voor een van die kos­huis­pre­fek­te se ka­mer.

Dan het die houe van die trein­belt deur die gan­ge van die kos­huis weer­galm. Die nu­we so­wel as die ou kos­huis het elk­een sy eie belt ge­had met ’n u­nie­ke, ver­wan­te vier­let­ter­woord as naam. Hier­die ge­steel­de trein­bel­de het groot ont­sag af­ge­dwing.

By­na­me was na­tuur­lik die an­der ding wat T­wee­spruit u­niek ge­maak het. Elk­een het ’n by­naam ge­kry so­dra hy by die skool aan­meld. My­ne was Vlerk. Dit word deur die ma­trieks aan jou toe­ge­ken en vir die res van jou skool­loop­baan word jy op geen an­der naam aan­ge­spreek nie.

Dit word só by jou in­ge­prent dat jy ja­re la­ter on­wil­le­keu­rig sal om­vlieg sou jy dié woord ie­wers hoor. Jou by­naam is ge­woon­lik be­paal deur die eer­ste ge­dag­te wat deur jou naam­ge­wer se kop flits so­dra hy jou vir die eer­ste keer aan­skou. Dik­wels het jou naam ge­kom van die per­soon waar­aan jy hom her­in­ner het, wat vóór jou op skool was. In so ’n ge­val was dit so be­stem dat jy dié naam sou kry.

Jy word amp­te­lik ge­doop in die wa­ter­trog by die melk­stal­le. ’n Mor­si­ge, nat spul so tus­sen die bees­mis deur. Dit was na­tuur­lik ook die dae van dou­voor­dag op­staan. Hier van 05:00 het die wek­kers in die kos­huis­ka­mers be­gin loei so­dat jy die koeie kon gaan melk. Kaal­voet uit­sluip en wa­ter­skoe­ne eers bui­te aan­trek om nie die he­le kos­huis wak­ker te maak nie. Dan in die don­ker op na die melk­stal toe wat ook be­kend was as die “mil­ke­ry”. Dit was een van die din­ge waar­teen ons die mees­te op­ge­sien het. Daar­die vroeg­og­gend mel­ke­ry in die win­ter. Me­ni­ge og­gend sou jy soos ’n slaap­wan­de­laar deur die melk­ri­tu­eel gaan met jou kop soms mi­nu­te lank in ’n soort flou­te dood­stil ge­stut teen ’n koei se warm boud.

Sa­ter­dag­aan­de was dit fliek­tyd in die skool­saal. Dan was ons op en wak­ker en net­jie­ser as ge­woon­lik aan­ge­trek. Mis­kien was daar ’n mei­sie van die om­ge­wing in die ge­hoor, het jy ge­hoop. Maar mei­sies was in daar­die ge­wes­te so skaars soos hoen­der­tan­de. Ons het ge­woon­lik Wil­de Wes­te-flieks ge­kyk en par­ty­keer het die pro­jek­tor ge­breek nog voor­dat die fliek klaar was. As daar nie ’n sterk span­nings­lyn in die fliek was nie, het al­mal on­mid­del­lik be­lang­stel­ling ver­loor.

Een aand was dit ’n ril­ler van ’n fliek met ’n reus­ag­ti­ge vo­ël wat uit ’n graf op­vlieg en dan van­uit die duis­ter­nis op men­se by die bus­hal­tes toe­slaan deur sy slag­of­fers met sy kloue aan die skou­ers te gryp en op te styg. Daar­die aand toe ons te­rug­loop kos­huis toe het al­mal in die lug op­ge­staar uit vrees vir ’n aan­val deur die reu­se-vo­ël. Daar was groot te­vre­den­heid met die fliek – dis die soort ak­sie wat ons wou ge­had het.

As daar die Sa­ter­dag­aand nie ’n fliek was nie of as die pro­jek­tor ge­breek het, het cha­os uit­ge­breek. Die hoen­der­hok­ke is on­mid­del­lik aan­ge­val en o­ral in die veld kon jy klein vuur­tjies sien waar die vars ge­slag­te hoen­ders ge­roos­ter word.

Daar was al­ler­han­de le­gen­des en ge­rug­te wat die ron­de ge­doen het. Die ou kos­huis het ’n doods­klok ge­had met ge­hei­me ri­tu­e­le. En dan was daar die pik­swart hings, Rom­mel. Na be­we­ring het hy sy stal­kneg dood­ge­skop. Dit was een van die re­des vir die spook wat ver­al in die om­ge­wing van die ou kos­huis ge­dwaal het.

Al het Rom­mel self nog ge­leef, het me­ni­ge kos­huis­gan­ger sy hoe­we­ge­klap op die lei­klip ge­hoor wan­neer hy se­ke­re aan­de ge­daan­te­loos ver­by­ge­stap het son­der dat jy hom kon sien. Waar­skyn­lik het die ein­ste stal­kneg hom ge­lei.

Wat sta­tus be­tref, het die ou kos­huis van­weë sy oud­heid, spook­sto­ries en row­we sand­steen, meer aan­sien ge­niet as die nu­we kos­huis met sy mo­der­ne sier­steen­af­wer­king. Ek was in die nu­we kos­huis. Ge­volg­lik was ek be­wus dat daar ’n bie­tjie neer­ge­sien word op ons deur ons “ou­er” bu­re. Nie­te­min, rug­by was die groot sa­me­bin­den­de fak­tor. Dan het dit nie saak ge­maak of jy in die ou of nu­we kos­huis was nie – jy het jou skool se naam ver­teen­woor­dig.

Die straw­we ont­groe­ning het wel sy voor­de­le ge­had. Ná ons ma­triek­jaar is ons al­mal weer­mag toe om diens­plig te doen. Die eer­ste drie maan­de se ge­vrees­de “ba­sies” was vir my am­per niks nie, ek was ge­woond aan T­wee­spruit se ont­groe­ning. Ek het toe mos reeds klaar die ont­be­rings waar­voor al­mal so lug­tig was, op skool deur­ge­gaan.

’n An­der ding wat ek ont­hou, is dat nie die on­der­wy­sers nie, maar die be­trok­ke jaar se ma­triek­klas eint­lik die he­le skool be­stuur het. Hul­le was ver­ant­woor­de­lik dat die “or­de”, wat na­tuur­lik nie vir hul­le ge­geld het nie, ge­hand­haaf word. Na­dat die stil­te­tyd­klok saans ge­lui het, mog jy nie eens fluis­ter in jou ka­mer nie. Be­hal­we na­tuur­lik die ma­trieks wat kon jo­lyt hou en la­waai tot so laat as wat hul­le wou.

Die lang trein­rit skool toe sal my ook al­tyd by­bly. Ek was van Na­tal af en dit was ’n he­le dag­reis skool toe. By Beth­le­hem het ’n he­le gros Lan­ties ge­woon­lik saam op­ge­klim. As jy skie­wie was, moes jy die trein teen die op­draan­des help uit­stoot. Hier­die ge­stoot het in die trein­gang plaas­ge­vind. Daar was ’n blink staaf aan die bin­ne­kant van die gang teen die ven­sters. Die skie­wies, al­mal wak­ker­ge­maak, het dan aan hier­die staaf vas­ge­gryp en kreu­nend en beu­rend “Ben Wie­le­tjies” (die trein) teen die op­draan­de “uit­ge­stoot”.

Par­ty­keer het die skool­bus ons op die sta­sie kom haal, an­der ke­re het hy net nie op­ge­daag nie. Dan was ons op ons­self aan­ge­we­se. Dit was jou eie saak hoe jy by die skool uit­kom. Dap­per en stap­per. Ons het die ki­lo­me­ters 03:00 met al ons ba­ga­sie deur die los sand te voet aan­ge­durf.

Ek het mos vroe­ër ge­noem dat “ba­sies” in die weer­mag “lig­te vrug­te” was na­dat jy T­wee­spruit aan die lyf mee­ge­maak het. ) S­tra­chan is die skry­wer van D­waal­poort en an­der be­kroon­de ro­mans.

As daar die Sa­ter­dag­aand nie ’n fliek was nie, of as die pro­jek­tor ge­breek het, het cha­os uit­ge­breek.

Die skry­wer A­lex­an­der S­tra­chan van Har­ri­smith is hier op die Ho­ër Land­bou­skool T­wee­spruit (Lan­ties) se fo­to van die Vul­tu­res­rug­by­span (1972) te sien. Hy is der­de van regs in die mid­del en help om die span se ba­nier vas te hou. Hy sê die Vul­tu­res was...

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.