Woord­vo­ël B­rey­ten se sim­fo­nie van sand

Die na­dood bied “woord­grot­te” ter oor­vloed vir in­vul­ling deur die le­ser, maar of hul­le uitgevoer is met lui­perd­ of hon­de­vel sal ons nog moet sien, skryf He­li­ze van Vuur­en.

Volksblad - - Front Page - die na­dood B­rey­ten B­rey­ten­bach HU­MAN & ROUSSEAU, R240

Die na-dood lyk na ’n “weg­g­aan­lied” van ’n dig­ters­le­we en ’n A­fri­kaan­se wê­reld, met ’n na­der run­ni­ken­de a­po­ka­lips. Dit is ’n moei­li­ke bun­del om vat­tig­heid aan te kry, soos ’n sim­fo­nie van sand. ’n Pel­grims­tog word be­skryf oor ber­ge en da­le.

Dié reis kan ook Boed­dhis­ties ge­lees word. Die berg sou ook die “berg van die dood” van Paul Ce­lan in sy Hei­deg­ger-vers, “Todt­nau­berg”, kon wees. Baie van dié teks­te is nog nie po­ë­sie nie, ter­wyl ’n pro­sa­teks soos “Mis­kien is dit die mooi­ste sei­soen” eint­lik ’n ge­dig-in-pro­sa­vorm is.

Die bun­del val in twee de­le uit­een, met 71 teks­te in elk, soos twee spie­ëls wat me­kaar re­flek­teer, met eg­go’s uit die dig­ter se oeu­vre en van an­der dig­ters, kri­ti­ci, skil­ders en mu­si­ci. Die veel voor­ko­men­de, ver­gly­den­de “jy”-aan­spreek­vorm is ’n dig­ters­teg­niek wat die le­ser se aan­dag hou. Die fik­si­o­ne­le bun­del­tjie, Oor­blyf­sel, aan die slot van

Die sin­gen­de hand, bied ’n

voor­stu­die tot die na-dood. Die dig­ter ver­wys na ’n doel­be­wus ge­fa­bri­seer­de la­bi­rint met woord­spo­re na ’n “her­in­ne­ring­s­tuin” waar­deur hy met sy “klip (. . .) as kiel” wil “ploeg”, om so die A­fri­kaan­se “skip se vaart van wieg na krip na die serk se ver­ste­ning vas (. . .) vang”. Die le­ser moet self ’n weg uit dié la­bi­rint vind.

Die dig­ter weef vol­gens hom mees­al “woor­de­kwyl” en “kwaak­sel” van “ver­sin­de sne­di­ge sne­des/sin­ne­loos­heid”. Hy het dié woor­de­skuim met klank vas­ge­lym, met slegs “die skym van be­te­ke­nis”. In die na-dood sien hy hom­self le­we “in die tuin van die af­we­si­ge ge­dig” en

hy kyk mee­wa­rig na stil ly­ke van ge­dig­te wat soos in Rem­brandt se A­na­to­mie­les

van dok­ter Tulp “ril” wan­neer die “trek­ket­ting” van kri­tie­se ont­le­dings “sing”.

Tog is dit nie die he­le waar­heid nie. El­ke beeld het ein­de­lo­se moont­li­ke be­te­ke­nis­se en toe­pas­sings wat wil­le­keu­rig in­ge­vul kan word met van die mees ba­na­le tot mees ver­he­we­ne, in feit­lik el­ke ken­nis­veld (kuns­ge­skie­de­nis, li­te­ra­tuur­ge­skie­de­nis, mu­siek, mi­to­lo­gie, taal­sterf­te, a­na­gram­me . . .). So kan die “e­wig ont­wy­ken­de be­min­de” ’n ge­lief­de of die le­ser wees, maar dit is ook ’n eu­fe­mis­me vir die dood in Ker­kor­rel se al­bum, Die an­der

kant. El­ke beeld lyk na so ’n po­li­va­len­te woord­grot, en ’n im­pli­sie­te le­sers­op­drag: “be­klee die woord­hol­tes/met lui­perd­vel (. . .) gee hul ka­mers” (Paul Ce­lan, Fa­denson­nen, 1968). Klank­spel, mot­to’s, en ra­re rym­pa­tro­ne vorm sleu­tels tot be­grip. Só is die bun­del­mot­to “be­hier my hart, be­hiér – / en laat wat bui­te is be­daar”, ver­werk uit Lei­poldt

se Oom Gert ver­tel en

an­der ge­dig­te: “be­daar, be­daar, my hart al kraak jy ook: / Ons moet die drum­pel oor, al breek ons dood”, oor “die sto­rie van ons sterf­te” in 1911. Die Lei­poldt-op­drag­vers, “Aan al­mal wat voor­ge­gaan het”, spreek die dooi­es aan: “slaap rus­tig stil, jul­le wat so ge­wor­stel/ En so ge­ster­we het – want ons ont­hou!” B­rey­ten­bach neem in die na-dood dus die mas­ker op van ou Oom Gert, wat “die sto­rie van ons sterf­te” van nóú ver­tel. So te sien, een van ve­le mas­kers . . .

Woor­de uit “poet of no­thing­ness, 30 Au­gus­tus 2015” bly vas­steek in die ge­heue: oor ’n Pa­le­styn­se vrou wat loop met die “span­spek” van ’n “dooie fe­tus ben­ge­lend tus­sen haar be­ne”, ná mis­han­de­ling deur Is­rae­lie­se grens­wag­te. In dié “fe­tus van ver­ge­te­ling” eg­go “Die kind” van Jon­ker. Die fou­tie­we “kont-teks” vir “kon­teks” ver­wys na die “moer” van die dood­ge­bo­re­ne, en in die “span­spek” eg­go die Blum-vers oor “Mies Victô­ria met ha’ k­lein span­spek”-mo­nu­ment by die par­le­ment.

Die jong moe­der­taal word neo-im­pe­ri­a­lis­ties dood­ge­smoor. Ge­weld oor­stem ge­dig­te maak, met al wat bly nog klank­spel-deur-woor­de: “koe­ke­ma­kran­ka” word “koek ma krank” (vir die siek moe­der­taal), die har­de, gut­tu­ra­le A­fri­kaan­se “g”-dig in “ons ge­dig” (vir die taal se “ko­nin­gin­ne­boot” wat koers­loos dob­ber) en die voor­sie­ne af­we­sig­heid bin­ne­kort van e­ni­ge klan­ke uit die “Die to­ring van stil­te” (deur vrye as­so­si­a­sie te ska­kel met die ver­nie­tig­de New York­se Twin To­wers uit Sep­tem­ber 2001) – net swart ga­te en ’n la­bi­rint van me­di­ta­sie is daar­van oor. In die bun­del­ti­tel “hóór” ’n mens die dood ná die val van die twee “D’s’).

“Want die le­we is ab­surd” heet die bui­te­blad­skil­de­ry­af­druk . . . Die na-dood sluit aan by die eks­pe­ri­men­te­le A­me­ri­kaan­se po­ë­sie van ná Sep­tem­ber 2001, teen die grein van e­ni­ge be­ken­de tra­di­sie. Dit dra ’n mer­ker in die tyd van ra­di­ka­le be­we­gen­de grond on­der die voe­te van die tyd­ge­noot­li­ke kuns­te­naar, met be­te­ke­nis oor­wel­dig deur cha­os en ge­weld.

Die ei­e­tyd­se wê­reld sug­ge­reer ook ’n soort Ja­pan­ne­se “De­ath of the flo­a­ting wor­ld”, met die na­tuur­e­le­men­te in die An­tro­po­seen ka­pa­bel tot on­voor­spel­ba­re ge­drag, soos in toe­ne­men­de aard­be­wings, vul­kaan­ont­plof­fings, tor­na­do’s, ver­su­ren­de o­se­a­ne en uit­ster­wing van spe­sies en klei­ner ta­le.

En­gels ver­meer­der toe­ne­mend in die na-dood, na­der na die ein­de. Só is el­ke kwa­tryn in die tref­fen­de “kwar­tel”-af­de­ling ook in En­gels, ’n sug­ges­tie van hoe En­gels A­fri­kaans gaan dood­smoor. Mant­sjoe, ’n Si­be­rie­se taal ge­noem in ’n mot­to by die “kwar­tel”-af­de­ling, het glo net tien be­jaar­de spre­kers oor . . .

Die na-dood kan ook ge­lees word as ’n me­mo-ly­sie (“pen­se-bê­te”), “work in pro­gress”, vry­a­sie of val­strik (“wip”), soos in “(die maan­skulp­pad as pen­se-bê­te en wip)” in Die sin­gen­de hand. Dit laat ’n mens won­der wat die le­sers-“val­strik” is? Ui­t­ein­de­lik bied die na­dood eg­ter wel ‘woord­grot­te’ ter oor­vloed vir in­vul­ling deur die le­ser (uitgevoer met lui­perd­vel of hon­de­vel, val nog te be­sie­ne . . .). ) He­li­ze van Vuur­en do­seer A­fri­kaans-Ne­der­land­se let­ter­kun­de in die de­par­te­ment let­ter­kun­de en ta­le aan die NMMU, Port E­li­za­beth.

‘‘ Die na­dood sluit aan by die eks­pe­ri­men­te­le A­me­ri­kaan­se po­ë­sie van ná Sep­tem­ber 2001.

B­rey­ten B­rey­ten­bach Fo­to: LIÉZEL ELS

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.