Mis­tie­ke ge­hei­me in Ne­der­land

Dit is len­te in Eu­ro­pa en daar­om net ’n ple­sier om deur die Ne­der­land­se plat­te­land te reis en die mis­tie­ke hart en oer oue ge­hei­me van dié klein land te pro­beer ont­ra­fel.

Volksblad - - Naweek+ - STEPHANIE RAPPARD @Leef­styl24

Len­te is ’n ver­ruk­li­ke sei­soen en die i­de­a­le tyd om die hart van ’n land met al sy hel­der ska­ke­rings, ver­skei­den­heid fa­set­te en duis­te­re e­nig­mas be­ter te kan hoor klop.

Na­dat ek die laas­te paar jaar die be­ken­de Ne­der­land­se ste­de be­trek­lik goed leer ken het, het die moont­lik­heid om die plat­te­land te ver­ken my bly ont­glip. Daar­om dat ons – toe ons on­ver­wags die ge­leent­heid kry – gees­drif­tig ’n voor­jaar­reis deur se­we van die land se 12 pro­vin­sies be­plan het.

Met so ’n wa­te­ri­ge son­ne­tjie bo ons, val ek en my lie­we we­der­helf toe een kou­e­ri­ge maar hel­der dag vroeg-vroeg van­af Den Haag in die pad. Heel gou was ons ver­by be­si­ge U­t­recht, oor die pro­vin­si­a­le grens en in Gel­der­land. Ons wou eer­stens ’n kort stap­roe­te deur die Ooi­j­pol­der en de Duf­felt, oos van die ou stad Ni­j­me­gen, on­der­neem.

Die Ooi­j­pol­der be­staan hoof­saak­lik uit mi­ni­pla­sies waar met melk­koeie, ska­pe en ge­was­se ge­boer word. Ek as Suid-A­fri­ka­ner was on­der meer stom­ge­slaan om te sien hoe die boe­re­ge­meen­skap hul tuis­ge­maak­te wa­re son­der toe­sig langs die pad op ’n ver­la­te ta­fel­tjie staan­maak en te koop aan­bied. Hul klan­te gooi net die reg­te be­drag in ’n bot­tel en sie­daar . . .

Met ser­pe snoe­sig om nek­ke ge­draai, pot­jies aar­bei­kon­fyt en heu­ning in ’n ka­me­ra­sak, het ons die paar ki­lo­me­ter ver­der son­der moei­te af­ge­lê en die eet­plek, Oor­tjes­hek­ken, be­reik van waar ons ná ete ver­der noord, in die rig­ting van De­ven­ter, sou be­weeg.

Op die spoor van Hu­ne­bed­den

Van­af De­ven­ter het ons die klei­ner N337-pad ge­neem en deur Ran­de, Ol­st en Den Nul ge­ry. Ver­by wa­ter­ry­ke de­le soos Bel­ter­wi­j­de en Beu­la­ker­wi­j­de het ons op die lang, lang dy­ke oor groot wa­ters tot by Giet­hoorn, ’n tra­di­si­o­ne­le dor­pie deur­spek met wa­ter­vo­re, ge­ry. Ek het gou be­gryp waar­om dit as die “Ve­ne­sië van Ne­der­land” be­kend s­taan, aan­ge­sien dit wou voor­kom as­of die in­wo­ners se­mi­per­ma­nent op hul boot­jies aan’t va­re is.

Ons ver­blyf was in D­wars­gracht, ’n deel van Giet­hoorn waar ons ven­ster s­legs en­ke­le me­ters van die een grag af was. Dit was groot pret om die vro­li­ke ver­by­gan­gers op hul bo­te dop te hou.

Die vol­gen­de dag het ons dou­voor­dag ver­trek na die Noord­oos­pol­derom­ge­wing van S­chok­land, ’n voor­ma­li­ge ei­land in die Zui­der­zee wat in 1942 droog­ge­lê is. Daar is tans s­legs vyf huis­hou­dings op die eer­tyd­se ei­land wat in die F­le­vo­land-pro­vin­sie ge­leë is.

Dit was die eer­ste U­nes­co-wê­reld­er­fe­nis­ge­bied in Ne­der­land en be­staan hoof­saak­lik uit ’n piep­klein mu­seum en ’n paar ou ru­ï­nes. Ver­al die pa­le met vlag­gies wat o­ral in die lan­de­rye voor­kom, is in­te­res­sant, aan­ge­sien dit die plek­ke aan­dui waar skeeps­wrak­ke ná die droog­leg­ging ge­vind is.

Ons het ons ont­dek­kings­reis langs die klei­ner paaie her­vat. Ons was nou in die D­rent­he-pro­vin­sie. Ons het hier tal­le ge­hug­gies soos Uf­fel­te, ’n an­tie­ke dor­pie wat meer as 975 jaar oud is, ont­dek. Die om­ge­wing is be­kend vir sy Sak­sie­se boer­de­rye waar al­les e­ko­lo­gies bo ver­den­king moet wees.

Ons was in­der­waar­heid in D­rent­he op die spoor van die mis­te­ri­eu­se Hu­ne­bed­den. So­wat 52 van hier­die rots­for­ma­sies van ver­skil­len­de groot­tes en vol­le­dig­heid is in hier­die pro­vin­sie ge­leë. Dié Ne­o­li­tie­se steen­graf­te is se­dert 3 450 v.C. op­ge­rig en tot on­ge­veer 2 850 v.C. steeds ge­bruik. Die “Hun­ne” is nie reg­tig daar be­gra­we nie. Die rot­se is “swerf­ste­ne” wat in vo­ri­ge ys­tyd­per­ke deur land­ys of glet­sers van­af S­kan­di­na­wië tot in Ne­der­land af­ge­voer is.

Die oer­be­wo­ners het hul dooi­es in ’n sit­ten­de of ge­hurk­te po­si­sie be­gra­we en die af­ge­stor­we­ne is van ge­sken­ke soos er­de­werk, sie­ra­de en wa­pens ver­ge­sel. Met op­gra­wings is bak­ke, be­kers, pot­te, klip- en ko­per­kra­le, pyl­pun­te, mes­se en by­le ont­dek. Min mens­li­ke oor­blyf­sels kon in die graf­te ge­vind word. Die hun­ne­bed­bou­ers word die treg­ter­be­ker­kul­tuur ge­noem na aan­lei­ding van hul ke­ra­miek­wa­re met die ken­mer­ken­de treg­ter­nek­ke.

Tus­sen die dor­pe Norg en We­ster­vel­de, langs ’n be­koor­li­ke ou swart wind­meul ver­by, kon ons uit­ein­de­lik langs ’n smal plaas­pad ons eer­ste rots­graf, Hu­ne­bed D2, vind. Ons was heel aan­ge­daan om so ’n oer­oue for­ma­sie hier in die 21ste eeu steeds te kon sien. K­nop in die keel wou ons nog meer sien en het ver­by plaas­ka­sarms en we­li­ge lan­de­rye ons weg tot by Hu­ne­bed D10 ge­baan. Ge­leë in ’n uit­ge­strek­te hei­de­veld in die Gas­ter­se Dui­ne, was dit weer eens ’n ra­re ge­voel een van die ou graf­te te be­sig­tig.

Die on­ver­wag­se ver­sky­ning van ’n am­per ma­gie­se lang­haar S­kot­se hoog­lan­der­bees ag­ter ons het ons laat wip van die skrik en my oom­blik­lik laat glo dat oer­gees­te steeds daar dwaal . . .

Groo­te G­riet

As ge­volg van die by­ten­de lug­gie het ons met droë mon­de en rooi wan­ge die u­ni­ver­si­teit­stad Gro­nin­gen bin­ne­ge­ry. Na­dat ons deur die steë en gan­ge van die ou stad ge­dren­tel het, kon ons dank­baar warm sjo­ko­la­de voor die Groo­te G­riet-re­stau­rant ge­niet.

Vol­gens die le­gen­de van die ka­non, Groo­te G­riet, is dié ge­skut in 1672 ge­bruik om die bis­kop, Bom­men Be­rend, ge­du­ren­de die Ang­loNe­der­land­se oor­log van­uit die stad tot bin­ne die Haar­der­to­ring 5 km ver­der te skiet. Hy is blyk­baar nood­lot­tig in die mond ge­tref net toe hy ’n bord wit­kool met spek wou eet.

Tot van­dag toe vra die Gro­nin­gers: “Heb­ben we oor­log van­daag?” wan­neer ’n bord met wit­kool­stamp­pot aan hul­le voor­ge­sit word.

Die rus­tig­heid, eer­lik­heid en prag van die laag­lan­de het my diep in my siel ge­raak, het ek be­sef toe ek laat­nag daar in die hart­jie van Ne­der­land wak­ker word. Met ’n glim­lag het ek am­per da­de­lik weer in­ge­dom­mel – die pol­sen­de hart­slag van dié mooi land stre­lend in my ge­moed.

Fo­to’s: S RAPPARD EN H RAPPARD

’n Seld­sa­me swart wind­meul by Norg.

Een van die ge­heim­sin­ni­ge Hu­ne­bed­den in D­rent­he.

Koop iet­sie lek­kers by dié Ooi­j­pol­der­stal­le­tjie.

Uf­fel­te is van­jaar 977 jaar oud.

S­chok­land – ’n ver­la­te wrak.

Sit aan vir la­fe­nis in Groo­te G­riet.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.