Bril­jan­te P­re­to­ri­us in twee stuk­ke te sien

Volksblad - - Vrydag - Ma­ri­na G­rie­be­now

Die eer­ste van die ver­ha­le in die vloei­stof-tri­lo­gie, Kla­ra Maas se hart is ge­breek, het die Kan­na­prys vir die bes­te de­buut­werk op die KKNK ont­vang en Da­vid Vi­viers, wat saam met Wes­sel P­re­to­ri­us hier­in speel, is met ’n Fi­ës­ta as die bes­te op­ko­men­de kuns­te­naar vir 2016 be­kroon.

Van­jaar o­pen die stuk Maan­dag op die Vry­staat Kuns­te­fees in Bloem­fon­tein.

So­wel P­re­to­ri­us as Vi­viers is for­mi­da­be­le erns­ti­ge ak­teurs soos e­nig­een kan ge­tuig wat hul­le in The Maids van die Fran­se dra­ma­turg Je­an Ge­net ge­sien het.

Dit is daar­om dub­bel so lo­nend om hul­le dié pret­ti­ge dog veel­ei­sen­de vorm van te­a­ter te sien doen.

Ko­me­die is mos heel­wat moei­li­ker om goed te doen as dra­ma. P­re­to­ri­us en Vi­viers skit­ter in al­bei.

As jy, soos die uwe, gaan­de is oor Mel Brooks-rol­pren­te, jou sim­pel lag vir buik­spre­ker Jeff Dun­ham se pop Pe­a­nut, ’n Rai­ders-aan­han­ger is, ’n wye mu­sieken let­ter­kun­di­ge ver­wy­sings­raam­werk het en boon­op ’n sag­te hart het vir die rand­fi­gu­re in die le­we, gaan Kla­ra Maas se hart is ge­breek, en­so­meer: Die vloei­stof-tri­lo­gie reg in jou kraal wees.

Gaan sit ag­ter­oor vir ’n uur en ver­geet van geld- of lands­pro­ble­me. Daar is ’n traan, ’n bloed­sel en ’n sperm­sel wat baie meer moei­lik­heid het as jy.

■ 17 Ju­lie om17:00, 18 Ju­lie om 10:30, 21 Ju­lie om 14:30 in die kykNET­S­ca­e­na. R100.

Die on­tel­ba­re 48

Wes­sel P­re­to­ri­us o­pen Maan­dag ook met Die on­tel­ba­re 48, waar­oor Mar­chel­le van Zyl ná ’n ver­to­ning op die KKNK so be­rig het: Wat die Ca­mi­no vir stap­pers en E­ve­rest vir klim­mers is, is ’n so­lo­ver­to­ning vir ak­teurs. Een van die ak­teurs wat die tog­te met vlie­ën­de vaan­dels op die ver­hoog slaag, is P­re­to­ri­us.

’n Mens be­sef hier net weer hoe ta­lent­vol hy is en hoe­kom hy al so­veel pry­se ont­vang het.

En hy kan ál­les doen: Hy het die stuk self ge­skryf, die re­gie be­har­tig, én hy speel die rol van vier uit­een­lo­pen­de ka­rak­ters.

Nog ’n te­a­ter­ster is Ni­co S­chee­pers, wat die stuk ont­werp het.

Die on­tel­ba­re 48 speel af op die fik­tie­we dor­pie Wak­ker­stroom in die La­e­veld –- ’n ti­pies plat­te­land­se dorp met net ’n paar in­wo­ners, maar vyf en ’n half ker­ke.

Dis die maan­de­lik­se flie­k­aand by die Moe­der­kerk en groot op­ge­won­den­heid heers oor The Sound of Mu­sic.

On­der die 48 men­se wat by die ver­to­ning op­daag, is ’n moor­de­naar.

P­re­to­ri­us beeld vier ka­rak­ters uit. El­ma­rie is die ma van vyf seuns, korf­bal­af­rig­ter en diep on­ge­luk­kig in haar hu­we­lik.

Wou­ter, ’n ho­ër­skool­seun wat sy eie sek­su­a­li­teit ver­ken en in die fliek­pou­se ’n so­lo­stuk op­voer wat sy dra­ma-on­der­wy­ser, Jo­han­nes, vir hom ge­skryf het.

Jo­han­nes is ’n afgetrede ak­teur met ’n gas­te­huis en gee dra­ma­klas­se om aan die le­we te bly.

En dan is daar k­lein Lie­be Bek­ker. Sy is se­we jaar oud en hou van bal­let. Haar ma het haar en haar pa “som­mer net so ge­los”.

P­re­to­ri­us ver­tel wat met elk­een op die fliek­dag ge­beur en hoe hul le­wens ver­vleg is. Hy be­gin lig, trek die ge­hoor in, laat jou lag en ont­span – en dán, as jy dit die min­ste ver­wag, slaan hy jou in die maag. Ons kén die ka­rak­ters, ons her­ken ons­self en ons ge­meen­skap in hul­le.

■ 17 Ju­lie om 13:30, 18 ju­lie om 14:30, 20 Ju­lie om 13:30. kykNETS­ca­e­na. R110.

Fo­to: JACO MARAIS

Wes­sel P­re­to­ri­us

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.