‘Gif’ ’n tra­ge­die wat by ’n mens bly spook

Volksblad - - Kollig - Ni­co Lu­wes

Gif/Poi­son/I­ty­he­fu

Ti­na­rie van Wyk Loots, A­tand­wa Ka­ni

Re­gie: Er­win Maas

An­dré Hu­gue­net Daar is ’n mi­te dat die mens net vyf keer in sy le­we vyf se­kon­des lank in ab­so­lu­te har­mo­nie met die na­tuur en die Skep­ping ver­keer en dus to­taal be­wus is van die ma­gie­se v­re­de van die paar mo­men­te waar­in tyd as’t wa­re tot stil­stand kom. Dit word in­ge­brand in die ge­heue vir so lank die mens leef.

Die teen­oor­ge­stel­de sou ook waar kon wees: Dat die mens oom­blik­ke be­leef waar­in al­les uit har­mo­nie raak en die mens se le­we in ’n oom­blik tra­gies ver­woes kan word. Dit is ’n spil­punt in die stuk.

Dié mo­men­te bly ook spook – die gif­ti­ge ver­wy­te en ge­voel van ver­lies en be­heer. In Gif/ Poi­sen/I­ty­he­fu is laas­ge­noem­de die leit­mo­tiv wat die he­le stuk dra.

Op ui­ters hart­roe­ren­de wy­se gaan t­wee ka­rak­ters deur ’n smelt­kroes van lou­te­ring om hul han­te­ring van die tra­giek wat hul le­we feit­lik ver­woes het en hul­le so lank ver­my het, met eer­lik­heid in die oë te kyk.

Die sa­me­koms word die ka­tar­sis waar­deur al­bei ge­lou­ter word om weer die le­we te han­teer. Dit is juis so ’n mo­ment wat die man be­leef het, waar­in hy v­re­de en har­mo­nie er­vaar het en met die vrou deel, wat vir haar – en die ge­hoor – v­re­de en be­rus­ting bring.

Die teen­po­le van in­ner­li­ke pyn word in die pro­duk­sie slim deur die ge­lui­de en sang van ’n af­we­si­ge fi­guur ge­sug­ge­reer. Daar­teen­oor word die har­mo­ni­eu­se lied “It should ha­ve been so” die in­stru­ment vir die her­stel van har­mo­nie tus­sen die t­wee en bin­ne hul­self.

A­tand­wa Ka­ni en Ti­na­rie van Wyk Loots le­wer mees­ter­li­ke spel in die twee­per­soonstuk wat diep ont­roer. Eer­li­ke sen­si­tie­we spel en puik en­sem­ble­spel deur die t­wee is ’n ple­sier om te aan­skou.

Ka­ni en Van Wyk Loots word nie ver­niet ge­re­ken as van die land se bes­te jong ak­teurs nie. in die hoed vir al­bei!

Om die in­tri­ge hier weg te gee sou die stuk on­eer aan­doen. Ge­ho­re kan ’n sta­di­ge aan­loop ver­wag.

Die man wag op die vrou. I­ro­nies ge­noeg het sy die af­spraak be­wim­pel. Wan­ner sy ui­t­ein­de­lik die ruim­te be­tree waar­in die tra­gie­se ge­beu­re ont­hul word, twy­fel sy vir ’n oom­blik voor­dat sy die plek van her­in­ne­ring be­tree. Die stel­sel­ma­ti­ge wy­se waar­op die ge­hoor ag­ter die kap van die byl kom, is so be­hen­dig deur die dra­ma­turg Lot Ve­ke­mans en in die ver­ta­ling van die ge­vier­de Wil­lem An­ker be­plan, dat die ont­hut­sen­de ver­haal die ge­hoor tot die ein­de ge­fas­si­neerd hou.

Die knap re­gie deur Er­win Maas bin­ne die ge­stroop­te stel­ont­werp deur Guy de Lan­cey en met mu­siek deur Ken­ny Ra­kot­so­a­ne, vorm ’n tref­fen­de ge­heel wat van een­voud, be­grip vir die styl en deer­nis vir die ka­rak­ters spreek.

Die di­a­loog in A­fri­kaans, En­gels en hier en daar X­ho­sa word deur pro­jek­sies on­der­steun. Die e­nig­ste k­ri­tiek is juis die woor­de­lik­se teks­pro­jek­sies om­dat dit die aan­dag van die spe­lers af­lei. Die dra­ma­tie­se han­de­ling is meest­al die in­ter­ne stryd wat die ka­rak­ters voer. Die oom­blik as die teks op die skerm be­weeg, s­pring die te­a­ter­gan­ger se oog on­be­wus­te­lik daar­heen.

Die stuk is so toe­gank­lik en die spel so bril­jant dat die proVeer jek­sies eer­der uit­ge­laat kon word.

Gif/ Poi­sen/I­ty­he­fu word sterk aan­be­veel vir fees­gan­gers wat

puik dra­ma hou.

■ 18 Ju­lie om 17:30 en 20:30, 21 Ju­lie om 17:00, 22 Ju­lie om 20:00 in die An­dré.

Fo­to: MLUNGISI LOUW

Ti­na­rie van Wyk Loots en A­tand­wa Ka­ni in die siel­vol­le dra­ma Gif/Poi­son/I­ty­hef.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.