Blo­kraai­toer­nooi be­gin van­dag op fees

Volksblad - - Kunstefees -

Die RSG-blo­kraai­toer­nooi be­gin van­dag op die Vry­staat Kuns­te­fees.

Fees­gan­gers is wel­kom om by die toer­nooi aan te klop vir ’n er­va­ring wat men­se oor gren­se en vas­te­lan­de heen deel.

Die toer­nooi word aan­ge­bied deur RSG met die hulp van die U­ni­ver­si­teit van die Vry­staat se de­par­te­ment A­fri­kaans en Ne­der­lands, Duits en Frans.

’n Span van XWord, ’n maat­skap­py wat blok­raai­sels vir ver­skeie koe­ran­te, tyd­skrif­te en web­wer­we saam­stel, is in be­heer van die hor­lo­sie, die toer­nooi­ma­te­ri­aal en na­sien van die blok­raai­sels.

Deel­ne­mers sal van­dag aan ver­skeie uit­dun­ron­des kan deel­neem deur drie ver­skil­len­de soor­te blok­kies­raai­sels, wat deur XWord saam­ge­stel is, in te vul.

Pun­te word toe­ge­ken vol­gens ’n for­mu­le waar kor­rekt­heid en spoed ge­meet word.

Die tien top­deel­ne­mers dring deur na die half­eind­ron­de mô­re waar­na drie fi­na­lis­te ge­kies word om in die “groot eind­stryd” teen me­kaar te staan te kom.

Dit kos R100 om deel te neem en is op die dag van die uit­dun­ne by die le­sing­lo­kaal Suid­blok 1 (langs die UV-hoof­ge­bou) op die kam­pus be­taal­baar.

Geen in­skry­wings­geld is be­taal­baar vir mô­re se fi­na­lis­te wat aan die eind­ron­des deel­neem nie.

Die pu­bliek kan ook gra­tis na die eind­stryd kom kyk.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.