Da­na se Swart Hond­kon­sert volbespreek

Volksblad - - Nuus - Na­di­ne T­heron

Die Swart Hond-kon­sert wat die skry­wer en joer­na­lis Da­na Sny­man hou ter na­ge­dag­te­nis aan sy ver­loof­de wat haar­self om die le­we ge­bring het, is volbespreek.

Die kon­sert word op 9 De­sem­ber in Ja­cobs­baai, waar hy woon, ge­hou. Dit is die dag waar­op hy met A­net­te Ro­berts sou trou.

Sy het haar­self op 4 Ok­to­ber, op Sny­man se ver­jaar­dag, in ’n mo­tor in Bloem­fon­tein ver­gas.

Sny­man het die nuus oor die kon­sert ver­le­de week be­kend ge­maak.

“Wat kan ek sê son­der om dit te laat klink dat ek oor­dryf?” het Sny­man op Fa­ce­book ge­skryf. Hy sê hy voel baie sleg oor die feit dat die gratis kon­sert volbespreek is, maar sê Ja­cobs­baai is maar klein en dat hy die kon­sert ge­mak­lik en spe­si­aal wil hou, ve­ral vir men­se wat van ver af kom.

“Dit moet ’n mooi, an­der­ster aand wees, nie ’n rock show nie,” het hy ge­skryf. “Dit gaan oor A­net­te Ro­berts, my lie­we A­net­te met wie ek op 9 De­sem­ber sou trou . . . wat deur de­pres­sie kom haal is.”

Hy het gis­ter saam met die pla­sing ’n fo­to ge­deel wat hy vroe­ër van­jaar van Ro­berts ge­neem het.

“Dit troos my, hier­die fo­to, sy wat so na die lig staan en staar,” sê hy.

Sny­man het voor­heen ge­sê die doel van die kon­sert is om men­se van bi­po­lê­re de­pres­sie be­wus te maak en ook om al­mal wat ie­mand deur self­dood ver­loor het te pro­beer help en by te staan.

Dit is die be­gin van ’n pro­jek waar­mee hy vol­gen­de jaar wil be­gin. Sny­man sê ook “al­les dui daar­op dat daar die een of an­der tyd ’n Swart Hond-toer deur die land kan wees”.

Gi­an Groen, Gert Vlok Nel, Wou­ter van de Ven­ter en S­te­fan Bur­ger gaan op die kon­sert op­tree en Jo­han Bak­kes sal die se­re­mo­nie­mees­ter wees.

Meer as 100 men­se gaan die kon­sert in Kon­trei Kof­fie in Ja­cobs­baai by­woon. Men­se wat hul na­me op ’n wag­lys wil plaas, kan e-pos aan Ja­na Maré s­tuur by bob­be­ja­[email protected] com.

“Baie dan­kie vir die on­der­steu­ning, die mooi wen­se, ge­na­di­ge ge­dag­tes en ge­be­de,” het Sny­man ge­skryf. “Ek waar­deer dit op­reg. Ons sal me­kaar nie langs die pad ver­loor nie.”

Fo­to: FA­CE­BOOK/DIE SWART HOND­KON­SERT EN BLAD

Die fo­to van A­net­te Ro­berts wat Da­na Sny­man troos bied.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.