Stander se ‘Berg­en­gel’ voor­ge­lees op RSG

Volksblad - - Kollig - AJ Op­per­man

Sy wou op haar kop gaan staan en ’n deun­tjie deur haar to­ne fluit. Die skry­wer en s­kil­der Ca­ri­na Stander se vreug­de het geen per­ke ge­ken toe sy hoor haar he­le ro­man Die berg­en­gel gaan op RSG voor­ge­lees word nie.

Die ak­teur Pie­ter van Zyl lees dit tans op Don­der­dae net ná die 21:00-nuus voor.

“Ek is in­nig dank­baar vir dié kans,” sê Stander.

“Die won­der­li­ke Ro­nel Gel­den­huys sit in die re­gie­stoel met Pie­ter as ge­voel­vol­le voor­le­ser. Al­bei doen in­ten­se moei­te om on­der die vel van die ver­haal in te klim. Op eie i­ni­si­a­tief het hul­le ál die pad na die B­rey­ten­bach-sen­trum in Wel­ling­ton ge­ry om my Berg­en­gel­kuns­uit­stal­ling te gaan kyk.”

Pro­tea het van­jaar Die berg­en­gel, die eer­ste in ’n drie­luik, uit­ge­reik. Die woord “berg­en­gel” het in 2002 by Stander op­ge­kom toe sy die S­kot­se Hoog­land, waar sy ses maan­de sou woon, in­ry.

Die boek speel in die denk­beel­di­ge land Ga­bri­ël­lië af. Sy het ook ’n kuns­uit­stal­ling in meer as een ga­le­ry met die­self­de ti­tel aan­ge­bied.

Hoe­wel die boek nie sket­se be­vat nie, het el­ke skets in die uit­stal­ling ’n aan­ha­ling uit die boek.

In Ga­bri­ël­lië het 13 jaar reeds ver­loop se­dert daar e­ni­ge te­ken van ’n berg­en­gel was en die jon­ger ge­ne­ra­sie glo by­na nie meer in die be­staan van dié mi­tie­se we­sens nie.

Vol­gens Stander het Van Zyl vroe­ër van­jaar Die berg­en­gel ge­lees en die ver­haal het hom só aan­ge­gryp dat hy Ko­bus Bur­ger, uit­voe­ren­de re­gis­seur van dra­ma by RSG, ge­kon­tak het.

“Op die plaas in die Wa­ter­ber­ge waar ek groot­ge­word het, het ons eers e­lek­tri­si­teit en te­le­vi­sie ge­kry toe ek tien jaar oud was,” sê Stander.

“Ons ver­maak was die bos en ri­vier, om ver­re­gaan­de kon­treis­to­ries vir me­kaar te ver­tel, boe­ke te lees en ra­dio te luis­ter.

“Van my kos­baar­ste her­in­ne­rin­ge as kind is hoe ek en my ou­ma An­na sog­gens saam-saam on­der die knie­kom­ber­sie na die kin­der­sto­ries van Siem­bam­ba

op die ra­dio ge­sit en luis­ter het.”

Haar ou­ma het haar as ses­ja­ri­ge mei­sie ge­leer om in rym­sin­ne te praat, en sy het haar ou­ma ja­re la­ter ver­sorg toe sy aan alz­hei­mer­siek­te ge­ly het.

“Toe Wol­we­dans in die ske­mer

in 1980 sy de­buut op ra­dio maak, het dit ’n klein aard­skud­ding in ons le­wens ver­oor­saak.

“Ek en my sus­sie het van die skool af te­rug­ge­jaag en ons mid­dae rond­om dié fan­tas­tie­se voor­le­sings be­plan,” ver­tel Stander.

■ Die boek­voor­le­sing be­staan uit so­wat 100 e­pi­so­des van se­we mi­nu­te elk op RSG 100 tot

104 FM.

Ca­ri­na Stander

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.