Goue vrug­te

Volksblad - - Voorblad - Ru­an Bru­wer

Die beleggings van St. Andrew’s S­chool in Bloem­fon­tein in sy krieket het nie net van­jaar op die veld vrug­te af­ge­werp nie, maar le­wer ook di­vi­den­de op in sy bank­re­ke­ning en wat sy sta­tus be­tref.

Saints, tans die amp­te­li­ke SuidA­fri­kaan­se krie­ket­kam­pi­oen, het gis­ter R60 000 van Krieket Suid-A­fri­ka (KSA) ont­vang vir die hand­ha­wing van die ge­sog­te blou­vlag-sta­tus wat hy ’n jaar ge­le­de ont­vang het.

Dié sta­tus word jaar­liks ge­ë­va­lu­eer. Saints is net een van 15 sko­le in die land wat dié sta­tus ge­niet.

Dit is ’n by­ko­men­de bo­nus ná die R120 000 wat die s­kool in Maart as kam­pi­oen van die na­si­o­na­le T20-sko­le­reeks ge­wen het.

“Dis ’n groot pluim­pie en toon ons krie­ket­pro­gram doen wat ver­eis word,” sê G­regg Hob­son, hoof van die s­kool se krie­ket­pro­gram en af­rig­ter van die eer­ste span.

Blou­vlag-sta­tus word aan sko­le toe­ge­ken wat in ’n ge­hal­te-in­deks ’n per­sen­ta­sie van 90% of meer ont­vang.

Die kri­te­ria sluit as­pek­te in soos ge­tal span­ne per ou­der­doms­groep, aan­tal wed­stry­de wat ge­speel word, die in­fra­struk­tuur vir af­rig­ting, kwa­li­fi­ka­sies van af­rig­ters, ge­rie­we en die ver­teen­woor­di­ging van swart spe­lers in span­ne.

Vol­gens Hob­son, wat in 1999 Saints se hoof­seun was, het die beleggings oor ’n lang tyd­perk van­jaar be­gin vrug­te af­werp en is die s­kool ge­luk­kig om oor ’n goeie span te be­skik.

Hy sê die mo­der­ne bin­nens­hui­se sen­trum met sy teg­no­lo­gie speel ook ’n rol.

Dié sen­trum is in 2016 in ge­bruik ge­neem en na Lind­say Tuc­kett, ’n oud­leer­ling, ge­noem wat voor sy dood in Sep­tem­ber 2016 die wê­reld se oud­ste le­wen­de toets­krie­ket­spe­ler was.

Saints is ook be­kend as die s­kool waar Joe Root, kap­tein van En­ge­land se toets­span en tans der­de op die wê­reld­rang­lys vir toets­kol­wers, in 2009 drie maan­de as ’n uit­ruil­stu­dent skool­ge­gaan en krieket ge­speel het.

Root het vroe­ër in ’n on­der­houd met groot lof ge­praat van sy tyd in die s­kool en ge­sê dit het tot sy krie­ket­ont­wik­ke­ling by­ge­dra.

Nog ’n spe­ler van die s­kool wat naam maak, is Ge­rald Coet­zee. Dié ma­tri­ku­lant was vroe­ër van­jaar in die Wê­reld­be­ker­toer­nooi vir o.19span­ne een van die ster­re in die Suid-A­fri­kaan­se span. Hy is ag­ter­na as lid van die Span van die Toer­nooi aan­ge­wys.

Fo­to: VER­SKAF

G­regg Hob­son, af­rig­ter van St. Andrew’s se eer­ste krie­ket­span en hoof van die s­kool se krie­ket­pro­gram, in hul bin­nens­hui­se sen­trum met die Pit­chvi­si­on-toe­rus­ting wat da­ta van el­ke afle­we­ring en kolf­hou be­skik­baar stel.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.