Al­mal se lei­er

Volksblad - - Voorblad - Ti­nus van S­ta­den

Siya Ko­li­si is ’n rug­by­spe­ler, nie ’n po­li­ti­kus nie. Sy vel is toe­val­lig swart, maar dít de­fi­ni­eer nie wie hy is nie. Hy is die S­pring­bok-kap­tein; hy is ál­mal se S­pring­bok-kap­tein.

En hy sal nie toe­laat dat sy vel­kleur po­li­tie­ke po­la­ri­sa­sie ver­oor­saak nie.

Ko­li­si (26) het gis­ter in Jo­han­nes­burg met sy eer­ste me­di­a­ver­sky­ning ná sy aan­stel­ling as Bok­kap­tein as ’t wa­re ’n streep in die sand ge­trek na­dat die rug­by­land­skap die af­ge­lo­pe twee we­ke weer op sy bro­se ras­ly­ne ge­kraak het.

Hy het mis­kien nie met op­set stand­punt daar­teen in­ge­neem nie. Maar hy het dit son­der ’n grein­tjie ag­gres­sie of ar­ro­gan­sie dui­de­lik ge­stel: Rug­by is ons ál­mal s’n. Dit moet ons ver­e­nig, nie ver­deel nie.

“Al wat ek wil doen, is om men­se te in­spi­reer, nie net swart men­se nie, want ek ver­teen­woor­dig die he­le land, nie net een groep nie. Ek het ’n ou fo­to ge­sien van die toe­skou­ers by ’n Bok-toets. In daar­die prent­jie sien jy men­se van al­le ras­se. Dís wie ons ver­teen­woor­dig,” het Ko­li­si ge­sê.

Hy was dood­kalm toe ’n joer­na­lis hom vra of hy dink sy aan­stel­ling as die eer­ste swart S­pring­bok-toet­s­kap­tein tot dus­ver deur po­li­tiek ge­mo­ti­veer was.

“Ek sien dit as ’n op­reg­te aan­stel­ling, ek sien dit nie as ’n po­li­tie­ke aan­stel­ling nie. Ek ken vir Ras­sie (Eras­mus, Bok-brei­er) en hy is nie só ’n soort mens nie. Hy praat reg­uit met my.

“Hy het vir my sy re­des ge­gee vir my aan­stel­ling, so ek het nie e­ni­ge vrae of twy­fel nie. Hy is ’n rug­by­af­rig­ter, nie ’n po­li­ti­kus nie,” sê hy.

Die mees­te men­se is ver­heug dat Ko­li­si die Bok­ke gaan lei, maar daar is tog die­ge­ne wat min­der te­vre­de is.

“Din­ge ge­beur maar so. Ek kan nie fo­kus op dit wat al­le men­se sê nie. Ek fo­kus net op dít wat die men­se sê wat my nog al­tyd on­der­steun het.

“Die af­rig­ter het sy ver­troue in my ge­stel en ek moet se­ker maak ek reg­ver­dig daar­die ver­troue wan­neer ek Sa­ter­dae op die veld draf.”

Fo­to: GALLO IMAGES

Siya Ko­li­si sê hy is al­mal se kap­tein.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.