Xan­der glo ja­loers oor nu­we kê­rel

Pa ‘kan hom nie op plaas vas­hou’

Volksblad - - Voorblad - Chris­ti­aan du P­les­sis en Su­san Cil­liers

Ja­loe­sie sit dalk ag­ter die moord op S­har­nel­le Hough (17) en Mar­na En­gel­brecht (16), haar bes­te vrien­din.

Xan­der Byls­ma (19), die mei­sies se ver­meen­de moor­de­naar, was glo ja­loers om­dat S­har­nel­le blyk­baar ’n nu­we ver­hou­ding aan­ge­knoop het kort na­dat sy en Byls­ma hul ver­hou­ding ver­breek het.

Dit is een van die be­we­rings wat on­der­soek word, het ’n bron na aan die po­li­sie­on­der­soek gis­ter ge­sê.

“Hy was ’n ja­loer­se ou,” sê die bron.

Die moont­lik­heid word ook on­der­soek dat Mar­na op die moord­to­neel af­ge­kom en met haar le­we daar­voor ge­boet het.

S­har­nel­le en Mar­na, al­bei leer­lin­ge in gr. 11, het Vry­dag­aand in die Ho­ër­skool S­tel­la se kos­huis oor­nag.

Na ver­neem word, sou Byls­ma S­har­nel­le se kle­re, wat sy vroe­ër by hom ge­los het, vir haar bring.

Hul­le het die ma­tro­ne glo daar­om ge­vra om nie die vei­lig­heids­hek te sluit nie.

Hul ly­ke is Sa­ter­dag­og­gend ont­dek.

Al­bei is blyk­baar ver­wurg. Mon­ty Byls­ma, die ver­dag­te se pa, het gis­ter ge­sê sy seun het Vry­dag­aand uit­ge­gaan.

Hul­le boer saam in die Vry­burg-om­ge­wing.

“Hy het nie ge­sê waar­heen hy gaan nie. Hy is vol­was­se. Ek kan hom nie vas­hou op die plaas nie,” sê hy.

Een van die mei­sies se pa het die vol­gen­de og­gend op die plaas op­ge­daag en Xan­der kom haal.

Hy was ver­ge­sel van ’n pri­va­te speur­der, sê Mon­ty.

Hy wou nie sê wie dit was nie, maar Volks­blad het be­trou­baar ver­neem dit was S­te­faans En­gel­brecht, Mar­na se pa.

Mon­ty het sy seun se­dert­dien nie weer ge­sien nie.

Xan­der is in heg­te­nis ge­neem en het ’n be­ken­te­nis af­ge­lê. Hy word aan­ge­hou en ver­skyn weer op 6 Au­gus­tus in die hof.

Mon­ty en an­der fa­mi­lie­le­de het op ad­vies van sy seun se regs­ver­teen­woor­di­ger “weens die e­mo­sies be­trok­ke” nie gis­ter die hof­ver­rig­tin­ge in Vry­burg by­ge­woon waar Xan­der op twee aan­klag­te van moord ver­skyn het nie.

Xan­der, wat ver­le­de jaar ma­triek ge­skryf het, is vroe­ër uit die­self­de kos­huis ge­skors om­dat drank by hom ge­vind is. Sy pa het dit gis­ter be­ves­tig. “Daar­die he­le si­tu­a­sie het my naar ge­maak. Xan­der is ge­skors na­dat ’n bier­bot­tel wat hy vir ’n an­der leer­ling on­der sy bed weg­ge­steek het on­der die bed ge­vind is. Hy is nie weens drank­mis­bruik ge­skors nie.”

Vol­gens Mon­ty het sy seun glad nie met hom ge­praat oor wat pre­sies die aand van die moorde ge­beur het nie.

“Ek is steeds in die duis­ter,” sê hy. Son­ja Hough, S­har­nel­le se ma, het gis­ter oor die be­we­rings van ja­loe­sie ge­sê: “Weet jy wat, ek het self nie ant­woor­de op wat ge­beur het nie.”

Sers. Ke­le­bo­gi­le Mo­le­ko, po­li­sie­woord­voer­der in Noord­wes, sê die twee mei­sies se lyk­skou­ings is af­ge­han­del.

Hul­le word mô­re­og­gend saam van­uit die NG kerk Vry­bur­gNoord be­gra­we, sê Ri­chard Hob­son, voor­sit­ter van die Ho­ër­skool S­tel­la se be­heer­lig­gaam. Die s­kool het le­de van die ge­meen­skap glo gis­ter op ’n saal­by­een­koms ge­maan om nie met die me­dia te praat nie.

“Ons hou maar net die fa­mi­lies in ge­dag­te, daar is niks snaaks aan die gang nie,” sê Ger­da van S­ta­den, ’n in­wo­ner.

Ds. Wil­lem Ver­maak, pre­di­kant van die NG kerk in S­tel­la, het gis­ter ge­sê hy hoop die twee mei­sies se dood bring ver­an­de­ring mee.

“Ons moet ons seuns re­spek en waar­des leer.”

Fo­to: FACEBOOK Fo­to: FACEBOOK

Xan­der Byls­ma S­har­nel­le Hough (17)

Fo­to: INSTAGRAM

Mar­na En­gel­brecht (16)

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.