Klont deur S­te­ve se hart, long

Volksblad - - Voorblad - Eu­ge­nie G­re­gan

Dit gaan “ou­kei” met S­te­ve, het sy broer, An­dré Hof­meyr, gis­ter­aand ge­sê.

Die san­ger is vroe­ër die dag in die hos­pi­taal op­ge­neem na­dat hy ’n bloed­klont deur die hart en long ge­kry het.

“Hy kla al ’n ruk­kie oor pyn in die en­kels en so aan, so die ding kom dalk al ’n ruk­kie,” sê An­dré. Hy sal S­te­ve van­og­gend be­soek en hul­le sal dan meer oor sy toe­stand sê.

S­te­ve (53) het gis­ter­mid­dag op sy Facebook-blad ge­skryf: “Ek skryf hier­die uit ’n hos­pi­taal­bed. Ek het ’n bloed­klont deur die hart en long oor­leef. Hoe­kom? Want so el­ke dan en wan stuur God Sy sim­pel­ste en­gel om my te her­in­ner dat ek nie vir al­tyd sal leef nie.

“Gis­ter (Dins­dag) was so ’n dag. Ek is Woens­dag vroeg­og­gend op­ge­neem, maar sal teen Vry­dag weer op die ver­hoog wees.”

S­te­ve skryf ver­der in­dien hy dit nie tot Vry­dag gaan maak nie, wil hy graag op die voor­aand van Re­pu­bliek­dag (31 Mei) re­des ver­skaf oor hoe­kom hy steeds “Die Stem” sing.

Dit is nie die eer­ste keer dat die san­ger in die hos­pi­taal op­ge­neem is nie.

In Mei 2008 moes hy ’n nood­o­pe­ra­sie on­der­gaan weens ’n ge­per­fo­reer­de dik­derm en was daar selfs in ’n sta­di­um vir sy le­we ge­vrees.

In Fe­bru­a­rie 2009 het dok­ters ge­spook om ’n “le­wens­be­drei­gen­de” bloed­klont in sy been op te los.

S­te­ve en sy vrou, Ja­ni­ne, kon nie gis­ter­aand vir kom­men­taar be­reik word nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.