Be­stuur­der in ge­riefs­win­kel dood­ge­skiet

Volksblad - - Voorblad - Mar­ti­net­te Hay

Die in­staan­be­stuur­der van die ge­riefs­win­kel van die Pu­ma-vul­sta­sie in Beth­le­hem is in wat lyk na ’n sluip­moord­aan­val dood­ge­skiet.

Vol­gens kapt. Z­we­li Mo­ho­be­le­li, ’n po­li­sie­woord­voer­der, is die man om­streeks 18:20 in die S­hop-Ex­press-win­kel van die vul­sta­sie in Mul­ler­straat ge­skiet. Hy het in die win­kel ge­werk.

Die slag­of­fer se naam mag eers be­kend ge­maak word na­dat sy fa­mi­lie van sy dood in ken­nis ge­stel is.

“Die ver­dag­te het in­ge­loop en net ge­skiet. Hy het nie ge­praat nie. Hy het niks ge­vat nie,” het Ma­ko­loi Ma­ta­la, ’n oog­ge­tuie wat langs die slag­of­fer ag­ter die toon­bank ge­staan het, ge­sê.

Vol­gens A­nel Ex­ley, ei­e­naar van Wulf Alarms, is drie sko­te ge­skiet. “Hy (die slag­of­fer) is in die maag, rug en kop ge­skiet.”

Mo­ho­be­le­li sê die slag­of­fer is op die to­neel dood ver­klaar.

Vol­gens Zia Ahmed, die win­kel­ei­e­naar, het hy Maan­dag­aand ty­de­lik die lei­sels aan die slag­of­fer oor­ge­gee.

“Ek gaan oor ’n maand saam met my ge­sin oor­see en het hom ge­vra om na die win­kel te kyk.

“Ek glo hy is ge­tei­ken. Hul­le het niks ge­steel nie. Dit moes wraak of iets ge­wees het,” sê Ahmed. Vol­gens Mo­ho­be­le­li het die ver­dag­te weg­ge­hard­loop. “Die mo­tief vir die moord is nog on­be­kend.” E­nig­een met in­lig­ting kan die Stop­mis­daad­nom­mer 08600 10111 ska­kel.

Fo­to: MAR­TI­NET­TE HAY

Die mis­daad­to­neel in Mul­ler­straat, Beth­le­hem, waar ’n wer­ker Dins­dag om­streeks 18:20 dood­ge­skiet is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.