S­taat­skaping: LP’s soek nog in­lig­ting

Volksblad - - Nuus - P­hil­da Es­sop

Le­de van die par­le­men­tê­re por­te­feul­je­ko­mi­tee oor bin­ne­land­se sa­ke is on­te­vre­de om­dat hul­le tot dus­ver bit­ter min van die in­lig­ting ge­kry het wat hul­le no­dig het vir hul on­der­soek na s­taat­skaping en die Gup­ta­fa­mi­lie.

Dit is nou by­na ’n jaar se­dert hul­le die op­drag ge­kry het om die on­der­soek te doen en on­danks die ver­soe­ke wat hul­le ge­rig het, is geen in­lig­ting van on­der meer die de­par­te­ment van bin­ne­land­se sa­ke en van ar­beid ont­vang nie.

Die ko­mi­tee­le­de moet on­der­soek in­stel na die ver­vroeg­de na­tu­ra­li­sa­sie wat aan le­de van die Gup­ta-fa­mi­lie toe­ge­staan is.

Die ko­mi­tee is een van vier wat ver­le­de jaar op­drag ge­gee is om be­we­rings van s­taat­skaping te on­der­soek. Die an­der is die por­te­feul­je­ko­mi­tees oor o­pen­ba­re on­der­ne­mings, mi­ne­ra­le bron­ne en ver­voer.

Die por­te­feul­je­ko­mi­tee oor o­pen­ba­re on­der­ne­mings het goeie vor­de­ring met sy on­der­soek ge­maak, maar die an­der drie se on­der­soe­ke sloer.

Ma­e­se­la Ke­ka­na, ANC-LP, het ge­sê dit is be­lang­rik dat die pro­ses nie ver­wa­ter word nie.

Ha­niff Hoo­sen, DA-LP, het be­klem­toon dat die on­der­soek nie be­perk moet word tot die na­tu­ra­li­sa­sie van die Gup­ta-fa­mi­lie­le­de nie, maar dat die be­we­rings van s­taat­skaping daar­by in­ge­sluit moet word.

Pa­trick C­hau­ke, ko­mi­tee­voor­sit­ter, het ge­sê daar is drin­gend­heid by LP’s dat die he­le kwes­sie oor die Gup­tas stel­sel­ma­tig uit­een­ge­sit word.

“Ons grond­slag moet ste­wig wees. As die grond­slag nie sterk is nie, kan dié ding (die on­der­soek) in­een­stort en daar­toe lei dat ons dalk nie sal be­reik wat ons wil be­reik nie.

“Dit is ’n baie erns­ti­ge kwes­sie wat, soos die ag­ba­re Ke­ka­na uit­ge­wys het, ver­wa­ter kan word. Dit is nie die ko­mi­tee se voor­ne­me nie.

“Ons het dit al­mal baie dui­de­lik ge­stel dat ons tot die kern van die kwes­sie moet deur­dring en vas­stel hoe die in­di­vi­due bur­ger­skap ge­kry het, bo en be­hal­we al die pro­ble­me waar­van ons nou be­wus is.

“Dit is die kwes­sie wat die ag­ba­re Hoo­sen ge­op­per het: Dit lyk of daar geen be­we­ging ten op­sig­te van die kwes­sie is nie,” het hy ge­sê.

Die ko­mi­tee ver­ga­der weer in Au­gus­tus.

Pa­trick C­hau­ke, voor­sit­ter van die par­le­men­tê­re por­te­feul­je­ko­mi­tee oor bin­ne­land­se sa­ke.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.