Woe­de oor Cel­tic dalk na Kby skuif

Volksblad - - Nuus - Ma­rie­tjie Ge­ric­ke

Groot on­te­vre­den­heid heers on­der on­der­steu­ners van die sok­ker­klub Bloem­fon­tein Cel­tic om­dat Max Ts­ha­ba­la­la, die ei­e­naar, glo die klub aan ’n on­be­ken­de sa­ke­man van Kim­ber­ley wil ver­koop.

On­der­steu­ners praat van be­drae wat wis­sel van R45 mil­joen tot R70 mil­joen. Ts­ha­ba­la­la het na be­we­ring R40 mil­joen be­taal toe hy die klub ge­koop het. Vol­gens Ti­mesLi­ve is die klub reeds vir R45 mil­joen ver­koop en gaan dit in 2020 na Kim­ber­ley ver­skuif.

’n An­der in­ge­lig­te sê weer Ts­ha­ba­la­la wil min­stens R70 mil­joen vir die klub hê.

Ts­ha­ba­la­la het aan die Sun­day Ti­mes ge­sê sy sa­ke­be­lan­ge het ’n te­rug­slag ge­had en die MTN-borg­skap vir die klub gaan nie her­nu word nie, wat tot ’n ver­lies van R21 mil­joen per jaar vir die klub kan lei.

Si­si N­tom­be­la, Vry­staat­se pre­mier, sê al­les moont­lik gaan ge­doen word om te keer dat die klub uit Vry­staat­se han­de na ’n an­der pro­vin­sie gaan.

“Ons het ge­hoor Ts­ha­ba­la­la wil die klub ver­koop. Ons glo dit is oor fi­nan­si­ë­le pro­ble­me. Ons pro­beer nou om Vry­staat­se sa­ke­lui te oor­tuig om die klub te koop. Maar ons het nie ge­weet hy wil so baie vir die klub hê nie.”

Ol­ly Mlam­le­li, uit­voe­ren­de bur­ge­mees­ter van die Man­gaung-me­tro in Bloem­fon­tein, het gis­ter ’n me­di­a­kon­fe­ren­sie oor dié kwes­sie op die nip­per­tjie af­ge­las so­dat daar eers weer met Vry­staat­se sa­ke­lui en an­der be­lang­heb­ben­des ge­kon­sul­teer kan word.

Qon­di­le K­he­da­ma, hoof­be­stuur­der van kom­mu­ni­ka­sie in die me­tro, sê die bur­ge­mees­ter wil hoor of daar sa­ke­lui in die Vry­staat is wat die klub sal koop.

Die af­ge­lo­pe na­week het spo­ra­die­se ge­val­le van on­rus op twee plek­ke in Bloem­fon­tein voor­ge­kom na­dat vu­ri­ge on­der­steu­ners van die klub in die Pax No­va-saal in Batho by­een­ge­kom het.

Die on­der­steu­ners het hul skerp teen­kan­ting uit­ge­spreek oor die moont­lik­heid dat die klub na Kim­ber­ley kan ver­skuif en het Dr. Bel­cher­weg vol klip­pe ge­gooi.

Be­ton­py­pe is ook oor die straat ge­rol om die ver­keer te ont­wrig.

On­be­ves­tig­de ge­rug­te lui dat Ace Ma­gas­hu­le, voor­ma­li­ge pre­mier van die Vry­staat, aan­de­le in die klub het en dit wil ver­koop om­dat hy nie meer pre­mier is nie.

Ts­ha­ba­la­la ont­ken dat hy reeds die klub aan ’n Kim­ber­ley­se sa­ke­man ver­koop het.

Ti­mesLi­ve be­rig Ts­ha­ba­la­la het toe­ge­gee dat die klub in die mark is en dat al die aan­bie­dings wat hy tot dus­ver ge­kry het, van bui­te die Vry­staat is. Hy wag nog op ’n goeie plaas­li­ke aan­bod.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.