Vrou se pyn weens ‘er­ge na­la­tig­heid’

Kan nie ag­ter ‘eie ri­si­ko’ skuil nie

Volksblad - - Nuus - Mi­ke van Rooy­en

Er­ge na­la­tig­heid aan die kant van die Man­gaung-me­tro en sy amp­te­na­re het daar­toe ge­lei dat ’n vrou van Bloem­fon­tein ’n ga­pen­de wond aan haar been op­ge­doen het, het die hoog­ge­regs­hof in Bloem­fon­tein be­vind.

’n Trap­pie van ’n leer in die S­ta­di­on-swem­bad in die stad het ge­breek ter­wyl A­drie S­to­ne (47) wou uit­klim, en die har­de plas­tiek van die ge­breek­te trap het haar reg­ter­kuit oop­ge­skeur.

In haar be­vin­ding oor die me­rie­te van die eis wat S­to­ne in­ge­stel het, het waar­ne­men­de reg­ter La­ni Op­per­man be­vind dit help nie om ag­ter ’n ken­nis­ge­wing “Toe­gang op eie ri­si­ko” te pro­beer skuil na­dat die me­tro na­la­tig was nie.

Boon­op is dié ken­nis­ge­wing baie vaag en dui dit nie aan wat­ter ri­si­ko’s men­se moet pro­beer ver­my nie. Die in­houd van die ken­nis­ge­wing­bord is só niks­seg­gend dat dit geen vry­wa­ring tot ge­volg kan hê nie.

S­to­ne eis R400 000 van die me­tro weens haar be­se­ring op 6 De­sem­ber 2015. Dié be­drag kan ver­hoog na­dat regs­me­die­se ver­slae nou oor S­to­ne se be­se­ring be­kom sal word.

Op­per­man het be­vind die me­tro was vol­gens sy eie weer­ga­we na­la­tig. Hy het ’n plig teen­oor die pu­bliek om sul­ke on­ge­luk­ke te ver­hin­der. Eie­naar­skap van die swem­bad verg spe­si­a­le toe­ge­wyd­heid en sorg.

Ge­tui­e­nis is in die ver­hoor ge­le­wer dat die een trap van die leer reeds ge­breek was en dat die leer vroe­ër uit die swem­bad ge­haal is om­dat dit ’n ge­vaar vir die pu­bliek in­ge­hou het. Dit is toe weer te­rug­ge­sit.

Vol­gens die me­tro se eie weer­ga­we was die moont­lik­heid van ’n on­ge­luk voor­spel­baar. Geen voor­sie­ning is ge­tref om dit te ver­hin­der nie.

Die reg­ter het ge­sê dit sal nooit wet­tig wees om ’n ge­rief vir ge­bruik aan die pu­bliek be­skik­baar te stel, geld te vra en dan ’n ri­si­ko vir be­se­rings daar te stel en die blaam op die ge­brui­ker te plaas nie.

Adv. Mi­ke Louw tree in op­drag van Pie­ter S­chuur­man van Hill, M­cHar­dy en Herb­st vir S­to­ne op. Adv. La­wren­ce Ma­nye tree in op­drag van Mey­er Vol­schenk van P­hats­ho­a­ne Hen­ney-pro­ku­reurs vir die me­tro op.

Fo­to: MLUNGISI LOUW

Die S­ta­di­on-swem­bad se ge­bou­kom­pleks in Bloem­fon­tein met die ge­wraak­te ken­nis­ge­wing op die muur. In­las: A­drie S­to­ne

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.