Ak­koord ná sny van krag, wa­ter

Volksblad - - Nuus - Ma­rie­tjie Ge­ric­ke

Die krag- en wa­ter­toe­voer na al die ge­boue van die Vry­staat­se re­ge­ring in Bloem­fon­tein sou gis­ter her­stel word na­dat dit vroe­ër die week weens wan­be­ta­ling af­ge­sny is.

Si­si N­tom­be­la, Vry­staat­se pre­mier, het Dins­dag ’n ver­ga­de­ring met die Man­gaung-me­tro hier­oor be­lê.

Die krag- en wa­ter­toe­voer na on­der meer die Fi­del Cas­tro- en die O.R. Tam­bo-ge­bou is Maan­dag en Dins­dag af­ge­sny.

Ti­is­et­so Mak­he­le, woord­voer­der van N­tom­be­la, sê die me­tro het op die ver­ga­de­ring on­der­neem om da­de­lik die mu­ni­si­pa­le diens­te na die ge­boue te her­stel na­dat af­be­ta­lings­oor­een­koms­te aan­ge­gaan is.

Die si­tu­a­sie in die ge­boue was blyk­baar be­nard na­dat die diens-te ge­staak is.

Mak­he­le sê in ’n ver­kla­ring N­tom­be­la het die ver­ga­de­ring met die me­tro be­lê om vol­hou­ba­re op­los­sings te kry.

Die ver­ga­de­ring is deur on­der an­de­re die bur­ge­mees­ter, LUR’e en af­de­lings­hoof­de in so­wel die me­tro as Vry­staat­se staats­de­par­te­men­te by­ge­woon.

Dit is ge­hou om op­los­sings vir in­ter­re­ge­ring­skuld te kry, sê Mak­he­le.

Daar is ook ge­praat oor die me­tro se skuld aan die pro­vin­si­a­le re­ge­ring vir vloot­mo­tors wat van die staats­ga­ra­ge ge­huur is.

Vol­gens Mak­he­le is saam­ge­stem dit is jam­mer Man­gaung het voor die voet mu­ni­si­pa­le diens­te ont­kop­pel son­der om eers met die lei­ers van die pro­vin­sie te praat.

“Al die par­tye het weer on­der­neem dat hul­le goeie in­ter­re­ge­rings­be­trek­kin­ge sal hand­haaf. Lang­ter­myn­op­los­sings is no­dig in die pro­vin­si­a­le en plaas­li­ke re­ge­ring se fis­ka­le om­ge­wing wat deur be­nar­de fi­nan­si­ë­le om­stan­dig­he­de ge­ken­merk word.”

Ko­pung Ra­lik­ont­sa­ne, di­rek­teur-ge­ne­raal van die Vry­staat­se pro­vin­si­a­le re­ge­ring, sê daar is oor­een­ge­kom om ’n taak­span saam te stel be­staan­de uit se­ni­or amp­te­na­re van die Vry­staat­se re­ge­ring as die me­tro.

Die taak­span moet die teg­nie­se werk doen wat be­tref skuld­re­kon­si­li­a­sie, die in­vor­de­ring van skuld, vloot­be­stuur en die her­sie­ning van ge­fi­nan­sier­de pri­o­ri­tei­te.

Die taak­span moet op­los­sings op kort, me­di­um- en lang ter­myn vind.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.