Kom­mer oor stads­be­plan­ning

Volksblad - - Nuus - – Ma­rie­tjie Ge­ric­ke

Die DA gaan vra dat Ou­pa K­ho­a­ba­ne, die Vry­staat­se LUR vir sa­me­wer­ken­de re­ge­ring en tra­di­si­o­ne­le sa­ke, by die Man­gaung-me­tro se af­de­ling vir grond­ge­bruik en stads­be­plan­ning in­gryp.

Die DA is be­kom­merd dat die me­tro sy rol in e­ko­no­mie­se ont­wik­ke­ling en stads­be­plan­ning mis­ken, het T­jaart van der Walt, ’n DA-raads­lid, in ’n ver­kla­ring ge­sê.

“Ons gaan K­ho­a­ba­ne vra om in te gryp so­dat die ko­mi­tee vir be­plan­ning en e­ko­no­mie­se ont­wik­ke­ling doel­tref­fend be­dryf kan word.

“Die ko­mi­tee het se­dert Au­gus­tus 2016 nog net een keer ver­ga­der.”

Van der Walt sê ver­skeie as­pek­te moet on­der­soek word.

On­der meer die ver­skil­len­de pro­ses­se wat ge­volg word voor­dat sa­ke die mu­ni­si­pa­le be­plan­nings­tri­bu­naal be­reik, wek kom­mer.

“Dit hang glo af wie die aan­soe­ker is eer­der as van die aard van die aan­soek.

“Wat skrik­wek­kend is, is dat die mees­te van die be­plan­ners nie ge­re­gis­treer­de, pro­fes­si­o­ne­le stads- en streek­be­plan­ners is nie, maar dat hul­le ver­goe­ding hier­vol­gens ont­vang.”

Die ko­mi­tee vir be­plan­ning en e­ko­no­mie­se ont­wik­ke­ling het ook net een keer die af­ge­lo­pe twee jaar ver­ga­der.

Vuy­el­wa K­hak­ha­ne, die bur­ge­mees­ters­ko­mi­tee­lid ver­ant­woor­de­lik vir die de­par­te­ment, en K­ho­a­ba­ne kon nie vir kom­men­taar be­reik word nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.