Ver­meen­de ro­wers bots, een sterf

Volksblad - - Nuus - A­let van der Walt Fo­to’s: VER­SKAF

’n Ben­de ver­meen­de ro­wers het Dins­dag­nag op die R59 bui­te Sa­sol­burg in ’n vrag­mo­tor vas­ge­jaag en­ke­le mi­nu­te na­dat hul­le men­se van Vaal­park glo be­roof het.

Vol­gens ’n in­ge­lig­te wat op die on­ge­luks­to­neel was, het die ben­de, wat in ’n wit Toyo­ta-se­dan ge­ry het, uit Heil­bron se rig­ting op die R57 die krui­sing met die R59 bin­ne­ge­jaag.

Hul­le het nie ’n vrag­mo­tor van Ca­rel Nie­mann Ver­voer van Vil­joens­kroon ge­sien nie en die vrag­mo­tor op sy lin­ker­voor­kant ge­tref.

Die vrag­mo­tor, wat met ’n vrag kalk van Sa­sol­burg op pad was na Vil­joens­kroon, het om­geMen­se slaan.

Po­li­sie­le­de op die to­neel het ge­sien dat die mo­tor twee stel­le nom­mer­pla­te bo-oor me­kaar het en vas­ge­stel dat ’n mo­tor met die­self­de be­skry­wing skaars 15 mi­nu­te vroe­ër op ’n mis­daad­to­neel in Vaal­park ge­sien is.

van Vaal­park wat vol­gens in­lig­ting van die O.R Tam­bo-lug­ha­we in Jo­han­nes­burg tot by ’n huis in Vaal­park ge­ry het, is deur ro­wers ag­ter­volg.

Hier het ge­wa­pen­de mans hul ba­ga­sie ge­roof, en van die ba­ga­sie is glo in die kat­te­bak van die mo­tor op die on­ge­luks­to­neel ge­vind.

Een van die ver­meen­de ro­wers is in die on­ge­luk dood en nog een is in ’n be­denk­li­ke toe­stand in die hos­pi­taal op­ge­neem, ter­wyl die der­de een lig be­seer is.

Die vrag­mo­tor­be­stuur­der en nog men­se wat in die vrag­mo­tor was, is ook net lig be­seer.

Die R59 was van Dins­dag 21:00 tot 02:00 gis­ter ge­sluit vir ver­keer om die on­ge­luks­to­neel op te ruim.

Dié wit Toyo­ta het teen ’n vrag­mo­tor op die R59 bui­te Sa­sol­burg ge­bots en vol­gens in­lig­ting is die­self­de mo­tor kort te­vo­re op ’n mis­daad­to­neel in Vaal­park ge­sien.

Die mo­tor in die bot­sing het twee stel­le nom­mer­pla­te ge­had.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.