Vul­lis in Bfn nou só ver­wy­der

Volksblad - - Nuus - – Ma­rie­tjie Ge­ric­ke

Klein kon­trak­teurs is aan­ge­stel om van gis­ter af vul­lis in Bloem­fon­tein te be­gin ver­wy­der ná ’n sloer­sta­king van twee we­ke deur die vul­lis­ver­wy­de­rings­af­de­ling van die Man­gaung-me­tro weens oor­tyd­be­ta­ling wat in­ge­kort is.

So sê Ros­souw Bo­tes, DAraads­lid van Man­gaung.

In­wo­ners het steen en been ge­kla oor die stad wat soos ’n vul­lis­hoop lyk.

Net ’n deel van hul oor­tyd­geld is glo van­dees­week op be­taal­dag aan wer­kers oor­be­taal om­dat die me­tro ver­moe­de­lik nie geld daar­voor het nie.

“Wer­kers is woe­dend en som­mi­ge het van­dees­week vir werk aan­ge­te­ken en toe huis toe ge­gaan. Die sloer­sta­king gaan voort,” sê die bron­ne.

Hul­le sê Sam­wu be­plan ’n twee­de mas­sas­ta­king in Ju­nie.

Vul­lis is van gis­ter af in die noor­de van Bloem­fon­tein en in die sa­ke­kern van die stad ver­wy­der en so­dra dié taak af­ge­han­del is, sal die sui­de van die stad ge­ta­kel word.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.