In­wo­ners van Bet­hu­lie raak nou ook op­roe­rig

Volksblad - - Nuus - An­dré Da­mons

Ter­wyl on­te­vre­de in­wo­ners van Ja­gers­fon­tein steeds wag op die pro­vin­si­a­le re­ge­ring om met op­los­sings vir hul wa­ter­pro­ble­me vo­ren­dag te kom, het men­se van Bet­hu­lie ook van­dees­week be­gin be­toog.

In­wo­ners van dié dorp, ook deel van die Ko­pa­nong-mu­ni­si­pa­li­teit, is op­roe­rig om­dat Xo­li­le Mat­wa, bur­ge­mees­ter, nog nie aan hul ei­se van ver­le­de jaar ge­hoor ge­gee het nie.

Die in­wo­ners het in No­vem­ber ’n grief­skrif aan hom oor­han­dig oor die sleg­te toe­stand van die paaie, die hoë werk­loos­heid in die ge­bied en die on­ver­werk­te ri­ool wat in die stra­te vloei.

Sip­ho G­qa­du, ’n ge­meen­skaps­lei­er, sê Mat­wa het nog nie op hul grief­skrif ge­re­a­geer nie en kruip ag­ter die po­li­sie weg.

Die in­wo­ners het in Ja­nu­a­rie van­jaar ook na die mu­ni­si­pa­le kan­toor op­ge­ruk om te­rug­voe­ring te eis.

En nou het in­wo­ners Dins­dag be­toog en ver­skeie stra­te in die dorp ver­sper.

“Hy sê vir die po­li­sie om ons in heg­te­nis te neem. Waar is die bur­ge­mees­ter? Al wat ons wil hê, is dat hy tot hier moet kom en ant­woor­de aan ons moet gee. Hoe­kom ver­my hy die men­se?

“Ons is te­leur­ge­steld en voel af­ge­skeep. Die bur­ge­mees­ter is ver­on­der­stel om ’n va­der­fi­guur vir ons te wees.

“Ons wil nie ba­klei nie, ons soek net ant­woor­de. Hy is be­sig om die ge­meen­skap uit te lok,” sê G­qa­du.

Hy sê in­wo­ners sou gis­ter ver­ga­der om te be­sluit wat hul vol­gen­de stap is.

Mat­wa moes vroe­ër van­dees­maand vlug toe in­wo­ners van Ja­gers­fon­tein op­roe­rig ge­raak het om­dat hy nie op ’n ver­ga­de­ring be­vre­di­gen­de ant­woor­de en op­los­sings vir dié dorp se wa­ter­pro­bleem kon bied nie.

Ja­gers­fon­tein, wat die laas­te ses maan­de al on­der wa­ter­be­per­kings deur­loop, is al drie we­ke deur be­to­gers “ge­sluit”.

Die si­tu­a­sie het Dins­dag­aand ver­er­ger toe die po­li­sie een van die ge­meen­skaps­lei­ers in heg­te­nis ge­neem het.

Ao. Lo­rai­ne Ear­le, po­li­sie­woord­voer­der, sê die man is om­streeks 21:00 ty­dens be­to­gings in heg­te­nis ge­neem. Nog ’n ge­meen­skaps­lei­er is gis­ter in heg­te­nis ge­neem toe in­wo­ners na die hof op­ge­ruk het.

’n In­wo­ner sê die si­tu­a­sie is ge­span­ne en be­to­gers eis dat die lei­ers vry­ge­laat word.

Die EFF het in ’n ver­kla­ring ge­sê hul­le is be­kom­merd oor die si­tu­a­sie op Ja­gers­fon­tein.

K­got­so Mo­ra­pe­la, pro­vin­si­a­le lei­er van die EFF, sê hoe­wel hul­le al dik­wels ge­ëis het dat Si­si N­tom­be­la, Vry­staat­se pre­mier, en Ou­pa K­ho­a­ba­ne, LUR vir sa­me­wer­ken­de re­ge­ring en tra­di­si­o­ne­le sa­ke (Kog­ta), in­gryp, is hul­le stil en doen nie die moei­te om die dorp te be­soek nie.

Mat­wa kruip weg, sê Mo­ra­pe­la.

Die EFF sal die dorp van­dag be­soek.

Ti­is­et­so Mak­he­le, N­tom­be­la se woord­voer­der, sê hy sal kom­men­taar le­wer so­dra hy te­rug­voe­ring van die pre­mier ont­vang het.

Po­gings om kom­men­taar van die mu­ni­si­pa­le woord­voer­der van Ko­pa­nong te ver­kry het mis­luk.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.