‘Nom­mer 37’ uit­ein­de­lik die na­week te sien

Volksblad - - Kollig - La­e­ti­tia Pop­le

Die lang­ver­wag­te Suid-A­fri­kaan­se mis­daad­ril­ler, Nom­mer 37, be­gin dié na­week in bi­o­sko­pe wys.

Reeds met die ver­to­ning as kort­prent op die Sil­wer­skerm­fees in Kaap­stad en­ke­le ja­re ge­le­de het die ver­haal ge­ho­re aan­ge­gryp.

Dit speel af in ’n fik­tie­we voor­stad op die Kaap­se Vlak­te. Dit is ’n pak­ken­de, klou­stro­fo­bie­se ril­ler wat uit­kring rond­om ’n man in ’n rol­stoel.

Ran­dall (Irs­haad Al­ly) is el­ke dag in sy woon­stel vas­ge­kluis­ter. Een­dag word hy ge­tuie van ’n moord in die woon­stel oor­kant sy­ne. Hy be­raam ’n slink­se plan om van sy skuld ont­slae te raak, tog sou die ge­vol­ge van dié plan sy le­we en dié van sy ge­lief­de, Pam (Mo­ni­que Rock­man), in­gry­pend ver­an­der. Die re­gis­seur is No­sipho Du­mi­sa. Dit is Du­mi­sa, een van die ver­vaar­di­gers van die se­pie Suid­oos­ter, se de­buut­prent. Die prent se ou­der­dom­perk is 16 vir taal, dwelms en ge­weld.

■ Die dra­ma­tie­se prent C­hap­pa­quid­dick neem die ky­ker te­rug na die nag van 18 Ju­lie 1969 toe die A­me­ri­kaan­se se­na­tor Ted Ken­ne­dy be­heer oor sy mo­tor ver­loor en een van sy jong, vrou­li­ke werk­ne­mers ge­sterf het. Ma­ry Jo Ko­pechne was on­der die wa­ter vas­ge­vang in die mo­tor.

Ken­ne­dy het weg­ge­swem, die on­ge­luks­to­neel ver­laat en die on­ge­luk eers tien uur la­ter aan­ge­meld toe haar lyk reeds ge­vind was. Dit blyk dat sy ver­smoor het en moont­lik ge­red sou kon word as Ken­ne­dy be­tyds op­ge­tree het.

Hy is ge­dag­vaar om­dat hy ’n on­ge­luks­to­neel ver­laat het en is tot twee maan­de tronk­straf ge­von­nis. Dit is op­ge­skort. Die re­gis­seur John Cur­ran se prent be­lig die saak van­uit ver­skil­len­de hoe­ke.

Ko­pechne het aan sy veld­tog vir die pre­si­dent­skap in 1968 ge­werk. Die skan­daal het ver­oor­saak dat Ken­ne­dy hom nie weer ver­kies­baar ge­stel het as pre­si­dent nie. Die ou­der­dom­perk is 13 vir dwelms en taal.

■ Nog ’n ril­ler, B­re­a­king In, word mô­re uit­ge­reik. Dit han­del oor ’n ma wat haar kin­ders moet be­skerm teen die­we wat hul­le in ’n af­ge­leë plaas­huis oor­val het. Ga­briel­le U­ni­on ver­tolk die hoof­rol. Die re­gis­seur is Ja­mes McT­ ei­gue.

The New York Ti­mes noem dit ’n ver­maak­li­ke prent wat ky­kers te­vre­de sal stel as hul­le op soek is na ont­vlug­ting en ook dat U­ni­on se ver­tol­king uit­ste­kend is. Die ou­der­dom­perk is 16 vir taal en ge­weld.

■ In die ro­man­tie­se ko­me­die O­ver­bo­ard kom ’n stink­ryk man sy mo­ses teë wan­neer hy oor­boord ge­gooi word deur ’n on­ver­ge­noeg­de werk­ne­mer. Ka­te (An­na Fa­ris) is ’n wer­ken­de ma van drie wat ge­huur word om ’n luuk­se seil­jag skoon te maak.

Die baas van die jag be­han­del haar soos ’n vloer­lap, hy “val” oor­boord en word wak­ker in ’n hos­pi­taal.

Weens die hou teen die kop ly hy aan ge­heu­e­ver­lies. Ka­te oor­tuig hom hul­le is ge­troud.

Die prent het ’n ou­der­dom­perk van 13 vir dwelms, taal en seks. Rob G­reen­berg is die re­gis­seur.

Irs­haad Al­ly en Mo­ni­que Rock­man in die fliek Nom­mer 37.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.