‘Ko­nin­gin van Vry­staat’ via Aus­tra­lië na Her­ma­nus

Volksblad - - Kollig -

Qu­een of the F­ree S­ta­te, die eer­ste En­gel­se werk deur die Jood­se skry­wer Jen­ni­fer F­ried­man, be­kend om haar A­fri­kaan­se ge­dig­te, het ver­le­de jaar ver­skyn. Dié boor­ling van die Vry­staat, wat dees­dae in Aus­tra­lië woon, is een van die in­te­res­san­te skry­wers wat van­jaar aan Her­ma­nus FynArts deel­neem. Col­leen Nau­dé het haar uit­ge­vra. Jou boek han­del oor ’n Jood­se mei­sie wat in die 1950’s en 1960’s op die Vry­staat­se plat­te­land groot­word. Sou jy die boek as ’n bi­o­gra­fie of ’n ro­man be­skryf?

Dis die eer­ste keer dat ek ge­vra word hoe ek Qu­een of the F­ree S­ta­te sou be­skryf. Al die sto­ries is in­der­daad ou­to­bi­o­gra­fies, op fei­te en wa­re ge­beur­te­nis­se ge­grond.

Ek was glad nie van plan om me­moi­res te skryf nie. Al wat ek wou doen, was om kort­ver­ha­le in ’n be­paal­de chro­no­lo­gie­se volg­or­de te skryf. Dus het ek in der waar­heid al­tyd aan Qu­een of the F­ree S­ta­te as ’n ro­man ge­dink, so ge­skryf.

Waar kom die naam van die boek van­daan?

Toe ek ’n kind was, het die groot­men­se van ie­mand wat aan­sit­te­rig was, ge­sê: “’n Mens sou dink sy is die ko­nin­gin van En­ge­land!” Toe ek baie klein was, het ek be­sluit dat ek die ko­nin­gin van die Vry­staat is en die men­se in die ou be­graaf­plaas van die dorp waar my ou­pa en ou­ma ge­woon het, my lo­ja­le on­der­da­ne. Die naam kom van die sto­rie wat daar­oor gaan.

Jy het al­tyd ge­dig­te ge­skryf, in A­fri­kaans, en ver­le­de jaar het Qu­een of the F­ree S­ta­te ver­skyn. Wan­neer het jy pro­sa, en in En­gels, be­gin skryf?

Ek het vol­le­dig twee­ta­lig groot­ge­word, maar A­fri­kaans was die taal waar­in ek ge­dink het en wat ek ge­praat het. Om ge­dig­te te skryf was vir my mak­lik. Dis as­of my woor­de son­der veel in­span­ning op die reg­te plek­ke val.

Ek het in En­gels be­gin skryf toe ek ’n klom­pie ja­re ge­le­de be­sluit het om in te skryf vir Rand­om Hou­se S­truik se kur­sus “W­ri­te a Non-Ficti­on S­to­ry”, on­der lei­ding van Mi­ke Ni­col. Ek het ge­hou van die uit­da­ging om pro­sa in En­gels te skryf. Om daar­die kur­sus te doen was die bes­te be­sluit wat ek tot nog toe ge­neem het.

Skryf, praat of lees jy dees­dae nog hoe­ge­naamd A­fri­kaans?

Na­tuur­lik praat ek nog A­fri­kaans. Ek en my fa­mi­lie het nog al die ja­re on­der me­kaar in A­fri­kaans ge­sels. Ek is steeds ge­neig om A­fri­kaan­se woor­de te ge­bruik as ek nie gou aan die En­gels kan dink nie.

Toe my ma in Syd­ney op ster­we ge­lê het, het sy glad nie ge­re­a­geer toe ek met haar En­gels ge­praat het nie, maar toe ek A­fri­kaans met haar be­gin praat, toe het sy my ge­hoor...

Jou sie­ning oor die toe­koms van A­fri­kaans?

Dit sal al­tyd daar wees. Dit was nog al­tyd ’n ont­wik­ke­len­de, ryk en be­skry­wen­de taal. Men­se praat dit steeds wê­reld­wyd, waar daar ook al uit­ge­we­ke­nes is. A­fri­kaans, in die een of an­der vorm, is hier om te bly.

Daar word ge­sê dat daar iets taam­lik me­lan­cho­lies aan de­le van die boek is. Iets meer daar­oor?

Daar is be­slis sto­ries wat hart­seer is, en me­lan­cho­lies. Ek was ’n rab­be­doe, ’n a­von­tuur­lus­ti­ge en vrees­lo­se kind, maar ook be­son­der sen­si­tief, fyn in­ge­stel op men­se se e­mo­sies en ge­voe­lens.

My ou­ers het groot ver­wag­tin­ge ge­koes­ter van hul oud­ste dog­ter, wat nie al­tyd daar­aan vol­doen het nie; of lie­wer, wat meest­al nie daar­aan vol­doen het nie. Hul­le was baie streng. Ek het nie daar­van ge­hou om voor­ge­sê te word nie, en dit het tot ’n ui­ters ge­span­ne ver­hou­ding met my ou­ers ge­lei. Die le­we was – soms – nie so lek­ker nie.

Hoe dik­wels be­soek jy Suid-A­fri­ka, en die Vry­staat spe­si­fiek?

Ons is ein­de 1992 Aus­tra­lië toe. My man wou toe lank­al e­mi­greer. Dit was vir my hart­ver­skeu­rend.

Ge­luk­kig kan ek el­ke paar jaar Suid-A­fri­ka toe kom. En ek sal nooit kom son­der om ’n draai in die Vry­staat te maak nie. Van my fa­mi­lie boer steeds daar, en vir my sal dit al­tyd my “huis” bly.

Suid-A­fri­ka het on­meet­baar ver­an­der se­dert ek in die Vry­staat groot­ge­word het. In daar­die dae was dit rus­tig, ’n vei­li­ge ha­we. Ek er­vaar dat men­se van­dag bang, angs­tig, ag­gres­sief en kwaad is. Die land lyk meer ver­deeld as ooit te­vo­re. On­rus, wan­hoop en wan­troue het ver­sprei na die klein­ste plat­te­land­se dor­pies. ’n Mens kan die span­ning in die lug voel. Dit breek my hart.

Jy gaan aan ’n ge­sprek­ses­sie deel­neem saam met Sal­ly Andrew, wie se Re­ci­pes for Lo­ve and Mur­der (deel van die Tan­nie Ma­ria-reeks), on­langs ver­skyn het. Waar­op gaan jul­le in die be­spre­king fo­kus?

Ek het Sal­ly se Re­ci­pes for Lo­ve and Mur­der ge­niet, maar ek het haar nog nooit ont­moet nie. Ek het hoe­ge­naamd geen i­dee wat be­spreek gaan word nie. Pe­tro­vna Me­te­lerk­amp, wat die ses­sie gaan lei, sal daar­oor be­sluit.

■ Tan­nie Ma­ria Meets Qu­een of the F­ree S­ta­te is een van meer as 20 praat­jies oor ’n wye ver­skei­den­heid on­der­wer­pe op Her­ma­nus FynArts, wat van 8 tot 17 Ju­nie aan­ge­bied word.

Die vol­le­di­ge FynArts-pro­gram is be­skik­baar op her­ma­nusfyn­arts.co.za en be­spre­kings kan ge­doen word by web­tic­kets.co.za, by Her­ma­nus-toe­ris­me in die S­ta­sie­ge­bou of te­le­fo­nies by 060 957 5371.

Die om­slag van Jen­ni­fer F­ried­man se boek Qu­een of the F­ree S­ta­te.

Jen­ni­fer F­ried­man

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.