Ro­hde wys hoe Su­san se lyk hang

‘Moet vir al­tyd met skuld saam­leef’

Volksblad - - Nuus - Ja­na B­rey­ten­bach

Hof­gan­gers het Jason Ro­hde gis­ter in die hoog­ge­regs­hof in Kaap­stad aan­ge­gaap toe hy voor die ein­ste bad­ka­mer­deur van hul ho­tel­ka­mer op die S­pier-land­goed op ’n po­li­sie­vrou ge­de­mon­streer het hoe hy sy vrou se lyk aan­ge­tref het.

Ro­hde, wat op aan­klag van die moord op sy vrou, Su­san, te­reg­staan, het die koord van die haar­krul­tang – waar­aan sy vrou se lyk ge­hang het – om sers. Jay­de­ne Flo­ren­ce se nek ge­draai. Hy het haar ge­vra om te hurk so­dat hy kon wys in wat­ter po­si­sie hy sy vrou se lyk ge­vind het.

In ’n sta­di­um het hy Flo-ren­ce met die hulp van die hof­klerk, Ja­rid B­re­den­kamp, ge­lig om te de­mon­streer hoe Su­san haar­self glo ag­ter die bad­ka­mer­deur ge­hang het.

Waar­ne­mers het dié to­neel ver­ge­lyk met die dag toe die staat die moord­byl in Hen­ri van B­re­da se han­de ge­plaas het so­dat hy kon de­mon­streer hoe sy broer, ma en pa dood­ge­kap is.

Adv. Lou­is van Nie­kerk, staats­aan­kla­er, het gis­ter met kruis­on­der­vra­ging van Ro­hde be­gin.

Van Nie­kerk het Ro­hde ge­het

‘‘ Ek is nie ’n moor­de­naar nie. Ek het baie fou­te ge­maak, maar ek is nie ’n moor­de­naar nie.

— JASON RO­HDE

vra hoe die koord om Su­san se nek was, maar hy het ’n paar keer ge­ant­woord dat hy nie met se­ker­heid kan sê nie om­dat hy meer daar­op ge­fo­kus het om die koord van haar nek af te kry.

Ro­hde het Dins­dag ge­tuig die koord was baie styf om sy vrou se nek. “Ek was ge­skok. Ek wou dit da­de­lik van haar nek af kry,” het Ro­hde ge­sê.

Van Nie­kerk het hom weer ge­vra om te de­mon­streer hoe die koord vas­ge­maak was.

Ro­hde het ge­sê as hy vir die hof moes wys hoe styf die koord was, sou hy Flo­ren­ce seer­maak.

Daar­na het hy en B­re­den­kamp Flo­ren­ce in die po­si­sie ge­plaas waar­in Su­san ge­vind is.

Van Nie­kerk het hom ge­vra wat­ter deel van Su­san se lyf hy eer­ste ge­sien het. Ro­hde ge­sê haar voe­te, maar hy kon nie sê of hy haar to­ne, hak­ke of wat­ter deel eer­ste ge­sien het nie. Hy kon ook nie sê hoe­veel keer die koord om haar nek ge­draai was nie.

Vroe­ër die dag het Ro­hde ’n plei­dooi aan die hof ge­le­wer oor hoe hy aan on­eer­lik­heid skul­dig is, maar dat hy nie sy vrou op die land­goed bui­te S­tel­len­bosch ver­moor het nie.

Ro­hde het ver­der ge­sê hy het die op­sie ge­had om van haar te skei, nie om haar te ver­moor nie.

“Ek is nie ’n moor­de­naar nie. Ek het baie fou­te ge­maak, maar ek is nie ’n moor­de­naar nie.”

Hy het ver­der ge­tuig dat hy vir die res van sy le­we met die be­rou (oor die bui­te-eg­te­li­ke ver­hou­ding) moet saam­leef.

“Ten min­ste kan ek nou na my kin­ders kyk en weet ek het Su­san tot self­dood ge­dryf, maar ek kan ook na hul­le kyk en weet dat ek haar nie ver­moor het nie.”

Ro­hde het er­ken hy het baie men­se se le­we ver­woes en dat hy reeds ’n le­wens­lan­ge von­nis uit­dien om­dat hy nooit van die skan­de en skuld­ge­voe­lens ont­slae sal raak nie, “maar ek het nie my vrou ver­moor nie”.

Fo­to: JACO MARAIS

Hier het Jason Ro­hde die koord ’n twee­de keer om sers. Jay­de­ne Flo­ren­ce se nek ge­draai in ’n po­ging om vir die hof te de­mon­streer hoe hy die to­neel ont­hou.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.