Jong boer ‘maak be­slis vor­de­ring’ ná skie­ton­ge­luk

Volksblad - - Nuus - A­let van der Walt

Daar is be­slis vor­de­ring in die toe­stand van die jong boer van T­heu­nis­sen in wie se han­de ’n jag­ge­weer ont­plof het.

“Gus­tav het sy oë oop­ge­maak en sy kop na my toe ge­draai om vir my te kyk,” sê sy pa, Jan­nie Louw.

Jan­nie sê daar is be­slis vor­de­ring en hy glo Gus­tav (22) sal her­stel ná die skie­ton­ge­luk Son­dag op ’n plaas bui­te T­heu­nis­sen.

Jan­nie sê Gus­tav toon be­slis be­we­ging aan sy reg­ter­kant en kan self a­sem­haal. Sy or­ga­ne werk goed en sy brein moet nou net rus.

Gus­tav is in die waak­een­heid van die Me­di­cli­nic Wel­kom.

Hy is Son­dag­og­gend kri­tiek be­seer toe ’n .308-ge­weer ont­plof en ’n stuk skrap­nel sy brein bin­ne­ge­dring het.

’n S­tuk­kie staal van tus­sen 1 en 2 cm lank en am­per so dik soos ’n vuur­hout­jie is deur Gus­tav se voor­kop en het ag­ter in sy brein vas­ge­steek.

Nog skrap­nel het Gus­tav in sy bo- en voor­arm ge­tref. Jan­nie sê die dok­ters het ge­sê hul­le kan nie nou o­pe­reer nie en sal eers la­ter die drie stuk­ke skrap­nel uit Gus­tav se arm ver­wy­der.

Die s­tuk­kie staal in sy brein sal nie ver­wy­der word nie en sal die res van sy le­we daar bly, sê Jan­nie.

Gus­tav het ’n vriend van hom, Ger­hard S­teyn, se ge­weer op ’n skiet­baan op die Louw-fa­mi­lie se plaas in­ge­stel.

Die ge­weer het ont­plof toe hy ’n skoot daar­mee ge­skiet het.

Die mans het her­laai­de pa­tro­ne ge­bruik, maar die po­li­sie sal bal­lis­tie­se toet­se doen om vas te stel wat tot die on­ge­luk ge­lei het.

Jan­nie sê S­teyn en nog vrien­de wat daar was toe die on­ge­luk ge­beur het, is baie ge­trau­ma­ti­seerd en kry be­ra­ding.

Die groep jong men­se het al­mal met die ge­weer ge­skiet voor­dat dit ont­plof het.

“Ons kan nou net vir hom bid,” sê Jan­nie

‘‘ Hy het be­we­ging aan sy reg­ter­kant en haal self a­sem.

Fo­to: VER­SKAF

Gus­tav Louw (22) is in ’n kri­tie­ke toe­stand na­dat ’n ge­weer ont­plof het toe hy daar­mee ge­skiet het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.