Lief­de op S­tel­la in­ge­wik­keld, soos dit o­rals is

Volksblad - - Kommentaar - C­har­les S­mith

Xan­der Byls­ma. Die naam was van­dees­week op baie men­se se lip­pe. Soos baie van ons die eer­ste keer ge­hoor het van die dorp S­tel­la.

A­fri­kaan­se naam. A­fri­kaan­se plek. A­fri­kaan­se s­kool en kerk. Ons men­se, soos die ou­men­se sou sê. S­tel­la is so klein soos my dorp. So A­fri­kaans. Met sy s­kool en kos­huis en die won­der­li­ke en aak­li­ge din­ge wat op my dorp ge­beur het. S­tel­la is op ’n ma­nier my plek.

Mô­re word die prag­ti­ge vrien­din­ne S­har­nel­le Hough (17) en Mar­na En­gel­brecht (16) saam be­gra­we. Hul­le is Sa­ter­dag tus­sen 02:00 en 03:00 in die kos­huis ver­moor.

Op een fo­to word Xan­der Byls­ma deur die po­li­sie weg­ge­lei na­dat hy weens hul moord in heg­te­nis ge­neem is. Vol­gens die po­li­sie het hy ’n be­ken­te­nis af­ge­lê. Xan­der het met S­har­nel­le uit­ge­gaan. Tot on­langs. Ek kliek op Xan­der se Facebook-blad. Sy pro­fiel­fo­to is van ’n jag­ge­weer met knal­dem­per ag­ter twee dooie rooi­jak­kal­se. Sy laas­te fo­to is van hom met die ge­weer voor die jak­kal­se.

“Oums se lief­seun,” skryf

Mi­mi Ta­puch in die eer­ste kom­men­taar op die fo­to. Daar is ’n fo­to van hom en ’n vriend met ’n reu­se­ba­ber in die hand.

Vrien­de wat ge­sel­lig kui­er. En ’n fo­to wat uit­spring: van hom en ’n glim­lag­gen­de

S­har­nel­le. Sy neem

’n sel­f­ie met hom teen haar bors aan­ge­leun.

Daar is baie fo­to’s van hul­le twee. En van hom in ka­moe­fleer­drag. En met ge­we­re. Min men­se weet so­veel van vuur­wa­pens en la­dings vir pa­tro­ne soos Xan­der Byls­ma, dit is dui­de­lik. Ie­mand vra hom oor die knal­dem­per. “Ovs van oom Pier­re De­beer baie baie ni­ce si­lin­cer stil soos die nag vat am­per al die re­coil weg en gee my tus­sen 150-210ft/sek meer hang van my la­ding af . . .” skryf Xan­der.

Mar­na is ’n uit­son­der­li­ke mooi mei­sie. Haar pro­fiel­fo­to is van hel­der­geel gras wui­wend voor ’n wind­pomp wat half­lyf af­ge­sny is. Dis ’n mooi fo­to. Het sy dit ge­neem? won­der ek. Ie­mand het op 15 Mei ’n vi­deo vir haar, S­har­nel­le en an­der vrien­de ge­stuur oor doel­wit­te vir ver­hou­dings.

“Ons is be­doel om men­se lief te hê en din­ge te ge­bruik. Maar van­dag ge­bruik ons men­se en het din­ge lief . . . Ons span­deer meer tyd om ons sel­fo­ne vas te hou as wat ons me­kaar vas­hou.”

Ek stop die vi­deo. Ek voel skul­dig. Die ou praat dalk met my. S­har­nel­le het dit met ’n rooi hart­jie ge­merk. Sou Xan­der dit ’n paar keer in die nag ge­kyk het in die jag­veld na­dat hul ver­hou­ding ver­breek is?

S­har­nel­le het die­self­de dag om 15:54 haar pro­fiel­fo­to ver­an­der. Sy is prag­tig, met haar blon­de ha­re wat oor haar skou­ers val.

“My prag­ti­ge kind. Mam­ma so lief vir jou,” skryf ma Son­ja met drie rooi hart­jies by. Xan­der Byls­ma het ook op die fo­to ge­kliek dat hy dit “li­ke”. Met sy pro­fiel­fo­to met die ge­weer en die dooie jak­kal­se. Hy het op 1 Maart 2017 sy ver­hou­ding met S­har­nel­le be­kend ge­maak.

Ek ont­hou weer sy jong­ste ver­hou­ding­sta­tus op sy eie pro­fiel: “In­ge­wik­keld”

‘‘ Daar is baie fo­to’s van hul­le twee. En van hom in ka­moe­fleer­drag.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.