Ge­meen­te dis­lo­jaal teen­oor kerk­be­slui­te

Volksblad - - Kommentaar -

Pie­ter de Ja­ger, De­wets­dorp

Die be­rig “Uit­sig hou eer­ste gay­e­re­diens” (28.05) het be­trek­king. Die gay pre­di­kant dr. Brand Dou­bell sê die Seun van God is ook na gay men­se ge­stuur om hul han­de te vat en hul­le te be­moe­dig, ver­troos en be­lang­rik te laat voel.

Daar is tog net één be­lang­rik­heid en dit is om die Ko­nink­ryk van God en Sý reg in al­les eer­ste te soek. Sou Je­sus hul­le op­ge­soek het, sou dit wees om hul­le te ge­nees en dui­wels uit hul­le te laat gaan. Om aan te neem dat Hy hul­le in hul son­de­staat so ge­laat het en hul­le dan be­lang­rik moes laat voel het, is las­ter­lik.

Vol­gens ds. Hein Kot­ze, ’n le­raar van Uit­sig, skep “hul” kerk ruim­te waar men­se hul­self kan wees. Maar “ons” NG kerk be­ly dat ons nê­rens an­ders ons­self kan wees nie as in ons ge­hoor­saam­heid aan die By­bel.

Die fo­to van die drie pre­di­kan­te voor hul kerk is steu­rend. Hul woor­de en ge­drag ver­teen­woor­dig nie die waar­des en nor­me van die NG kerk se leer oor By­bel­se sek­su­a­li­teit nie. Hul dis­lo­ja­li­teit teen uit­druk­li­ke be­slui­te van die Al­ge­me­ne Si­no­de word rim­pels wat al ver­der uit­kring. Dit moet ge­stop word.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.