Gup­ta-se­ges kom­mer­wek­kend

Volksblad - - Kommentaar -

I­zak S­mal­man, Bail­lie­park

Na­dat p­res. Cy­ril Ra­map­ho­sa die lei­sels oor­ge­neem het, het hy en sy nu­we mi­nis­ters, on­der an­de­re Pra­vin Gord­han, oor­log teen s­taat­skaping ver­klaar.

Daar was skie­lik le­we te be­speur by die Val­ke, wat krag­te saam­ge­snoer het met die ba­te­be­slag­leg­gings­een­heid en die na­si­o­na­le ver­vol­gings­ge­sag. Dié skie­li­ke y­we­rig­heid is te ver­wel­kom, maar ai, die uit­voe­ring daar­van! Soos in ’n los­skrum is in­ge­storm.

’n Paar men­se is in heg­te­nis ge­neem en mil­joe­ne ran­de se ei­en­dom is ge­kon­fis­keer ty­dens die on­der­soek na die Es­ti­na-sui­wel­plaas by V­re­de. Die Gup­tas het in­tus­sen, soos ver­wag kon word, die land ver­laat en slegs hul neef, Va­run Gup­ta, is on­der die aan­ge­klaag­des.

Vroe­ër van­jaar kom die eer­ste te­rug­slag toe die ver­vol­gings­ge­sag nie die hof kon oor­tuig dat mil­joe­ne ran­de se be­slag­leg­gings­ba­tes nie na die Gup­tas moet te­rug­gaan nie. Daar­na be­slis die hof Va­run Gup­ta mag sy pas­poort te­rug­kry. Die jong­ste Gup­ta-se­ge is die vry­stel­ling van meer as R180 mil­joen van hul ba­tes. Dit be­te­ken dié ba­tes hou nie ver­band met mis­daad­tran­sak­sies nie.

Dit gaan be­slis ’n uit­wer­king hê wan­neer die saak ein­de­lik ver­hoor word. Ek meen dit gaan oor ’n jaar steeds in die lug hang, as dit nie al van die rol ge­skrap is om­dat die Gup­tas steeds soek is nie.

Ek twy­fel of die an­der Gup­ta-tran­sak­sies, soos hul myn­be­dry­wig­he­de, kor­rup­sie ra­ken­de E­s­kom en hul ver­bin­te­nis en be­ïn­vloe­ding van mi­nis­ters, aan­dag kry.

Dit bring my by die hon­der­de klag­te teen Ja­cob Zu­ma. ’n P­ri­ma fa­cie-saak is een ding, maar dit verg meer as ge­tui­e­nis op die oog af om ie­mand skul­dig te kry. E­ni­ge goeie saak sal weens swak on­der­soek skip­breuk ly.

Ek ver­moed Zu­ma en Ace Ma­gas­hu­le slaap al hoe rus­ti­ger as hul­le sien wat aan die ge­beur is.

Aan die an­der kant kan die hof se be­slis­sings tot dus­ver ons on­der­soek­een­he­de help om ge­tui­e­nis in te win wat die skui­wer­ga­te kan toe­stop.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.