Pad­var­ke maak nu­we N8 le­wens­ge­vaar­lik

Volksblad - - Kommentaar -

B­ri­an Gou­veia, Bloem­fon­tein

Die be­rig “5 sterf toe 4 voer­tuie op N8 bots” (28.05) het be­trek­king.

Ek het Vry­dag met die N8 van­af T­ha­ba N­chu ge­ry. Wat ’n nag­mer­rie!

Dit was vir my geen ver­ras­sing om te sien daar was weer ’n sleg­te on­ge­luk op dié pad nie.

Die nu­we pad was ver­on­der­stel om vei­li­ger te wees, maar van die pad­ge­brui­kers se ma­nie­re is skrei­end. Ek dink met hul op­tre­de is die pad on­vei­li­ger as wat dit was.

Van die mo­to­ris­te steur hul­le glad nie aan ’n en­kel­baan nie, en ry as­of hul­le twee ba­ne het. Dit is ver­stom­mend.

Wan­neer hul­le van voor af aan­kom, moet jy vir hul­le pad­gee om ’n bot­sing te ver­my.

As jy na van die pad­ge­brui­kers kyk, lyk dit ook as­of daar geen spoed­be­per­king op die N8 is nie.

Ek het ge­won­der waar is die ver­keers­be­amp­tes op die Vry­dag.

Is daar dalk nie brand­stof vir die ver­keers­mo­tors nie?

Wat op die N8 aan­gaan, is skok­kend.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.