For­tuin vir Nor­ma Gi­ga­ba se reis is skok­kend

Volksblad - - Kommentaar -

Ko­bus S­mith, Ho­pe­town

Die be­rig “Mi­nis­ters se rei­se: ‘Ver­soek kry aan­dag’ ” het be­trek­king.

Die R873 366 wat Nor­ma Gi­ga­ba be­las­ting­be­ta­lers ge­kos het vir een oor­se­se reis saam met haar mi­nis­ter-man, Ma­lu­si, is skok­kend.

Sy werk nie vir die re­ge­ring nie.

’n Plaas­wer­ker wat R3 500 per maand ver­dien, moet am­per 250 maan­de – 21 jaar – werk om daar­die be­drag te ver­dien!

Dit is ’n ys­li­ke skan­de dat so iets toe­ge­laat word.

Dit wil al lyk as­of al hoe meer uit die staat se kof­fers ge­skep word.

Dit is am­per as­of al­mal vir ou­laas nog ’n paar mil­joen rand wil na­der­hark.

Is daar geen ein­de nie?

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.