Wa­terslim­mes maak ’n plan

Volksblad - - Aktueel - Kay­de­ne Da­vids

Die min re­ën het boe­re land­wyd die laas­te paar jaar laat kop­krap.

Nou het twee boe­sem­vrien­de van Bloem­fon­tein ’n e­ko­no­mie­se, kom­pak­te grys­wa­ter­stel­sel ont­werp wat moont­lik ’n deel van die op­los­sing kan wees.

Bey­ers Jan­se van Rens­burg (23), ’n der­de­jaar­stu­dent in bou­re­ke­ne, en C­haun van der Boon (23), ’n eer­ste­jaar­stu­dent in me­ga­nie­se in­ge­ni­eurs­we­se en ’n die­sel­teg­ni­kus, het in Ja­nu­a­rie van­jaar die G­reyS­pray­stel­sel be­kend ge­stel.

Die Sen­tra­le U­ni­ver­si­teit van die Vry­staat (SUT), waar die twee stu­den­te is, het dié grys­wa­ter­stel­sel by een van sy groen­te­pro­jek­te ge­ïn­stal­leer. Die i­dee is om voed­sel­se­ker­heid te ver­se­ker, maar daar moet eers ge­toets word of die groen­te steeds eet­baar is wan­neer dit met dié stel­sel nat­ge­lei word.

Die SUT sê in ’n ver­kla­ring as dit wel die ge­val is, sal hy in sa­me­wer­king met sy E­nac­tus­groep, wat ar­mes help, en die twee stu­den­te dié stel­sel aan die land­bou­sek­tor be­kend wil stel.

Jan­se van Rens­burg sê die stel­sel is een­vou­dig en kan mak­lik by hui­se ge­ïn­stal­leer word.

Van der Boon sê dit lei ba­den stort­wa­ter met ge­wo­ne py­pe na ’n 110-li­ter-wa­ter­tenk wat na­by ’n drein ge­ïn­stal­leer is. Die wa­ter loop deur ’n sif in die tenk.

As dit vol is, ska­kel ’n ska­ke­laar aan en word dié wa­ter met ’n tuin­slang na jou plan­te of gras­perk ge­lei.

“Dit is so kom­pak dat dit rond­ge­skuif kan word.”

Hul­le sê hul­le het nog geen klag­tes van klan­te ge­kry nie. “Dit is al se­dert Ja­nu­a­rie by ons ge­ïn­stal­leer en ons het nog nie een pro­bleem on­der­vind nie,” sê Jan­se van Rens­burg.

“Nog ’n voor­deel is dat die stel­sel die oud­ste wa­ter eer­ste uit­stoot en dat wa­ter nie op­gaar en be­gin stink nie,” sê Van der Boon.

Fo­to: MLUNGISI LOUW

C­haun van der Boon en Bey­ers Jan­se van Rens­burg by G­reyS­pray, ’n kom­pak­te, e­ko­no­mie­se grys­wa­ter­stel­sel vir al­le­daag­se ge­bruik.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.