Ná 42 jaar groet hy po­li­sie met ’n swaar hart

Volksblad - - Aktueel - A­let van der Walt

As po­li­sie­lid het ao. Jo­han Kru­ger in sy loop­baan van 42 jaar be­ne­wens sy ge­wo­ne po­li­sie­ta­ke ook as aan­kla­er in die hof op­ge­tree en lyk­skou­ings ge­doen.

Kru­ger sê hy neem met ’n swaar hart af­skeid van die po­li­sie­diens. Hy tree net af om­dat hy op 15 Mei 60 jaar oud ge­word het en nie lan­ger in die po­li­sie­diens mag werk nie.

Hy het hom in 1976 by die po­li­sie aan­ge­sluit en het in S­teyns­rus, Bult­fon­tein en Kroon­stad diens ge­doen.

Po­li­sie­le­de het ook vroe­ër ja­re grens­diens ge­doen en Kru­ger het by grens­pos­te aan die grens met S­wa­zi­land en Mo­sam­biek diens ge­doen.

Hy het heel­wat me­dal­jes en bal­kies ge­kry vir diens­le­we­ring, sê hy.

In Bult­fon­tein moes hy lyk­skou­ings saam met ’n dok­ter doen. “Ek moes die ly­ke oop­sny en die dok­ter het ge­skryf wat hy sien.”

Van dié lyk­skou­ings spook tot van­dag by hom. “Ek dink nou nog aan ’n mei­sie­tjie wat in ’n em­mer wa­ter ver­drink het.”

In Bult­fon­tein moes hy ook as aan­kla­er op­tree, sê Kru­ger.

“Ons het sog­gens vroeg lyk­skou­ings ge­doen en dan het ek om 09:00 as aan­kla­er in die hof op­ge­tree voor­dat ek die mid­dag aan­soe­ke om vuur­wa­pen­li­sen­sies han­teer het.”

Kru­ger is in 1988 te­rug na Kroon­stad, waar hy ook groot­ge­word het.

Daar het hy ook in ver­skeie af­de­lings ge­werk.

Die laas­te ruk het hy by die be­wys­stuk­pak­ka­mer van die po­li­sie­diens in Kroon­stad ge­werk.

Kru­ger sê hy is dol oor ster­re­kun­de en die heel­al fas­si­neer hom.

“Elon Musk is my groot held. Ek hou daar­van dat hy so stroom­op is.”

Hy het ook baie re­spek vir S­te­phen Ha­w­king en weet nie waar­om die mens­dom nog nie ’n tyd­ma­sjien ge­bou het om in die toe­koms in te kan reis nie.

Al sien hy op daar­teen om af te tree en nooit weer sy blou u­ni­form te dra nie, het hy heel­wat stok­perd­jies wat hom be­sig hou.

Kru­ger her­bou graag ve­te­raan­mo­tors en stal op skoue uit. Hy het ’n 1979-mo­del Pon­ti­ac Trans Am en het ook on­langs ’n 1952mo­del Vauxhall ge­koop wat hy wil op­knap.

Sy an­der lief­de is bus­kruit­ge­we­re en vroe­ër ja­re was hy ook ’n sweef­tuig­vlie­ë­nier.

Kru­ger sê hy is ge­se­ënd met ’n won­der­li­ke vrou, An­net, en hul­le is al 37 jaar ge­troud. Hy het twee vol­was­se kin­ders, De­on en Chris­tel, en hy is die ou­pa van twee klein­kin­ders.

Die po­li­sie het van­dees­week van ao. Jo­han Kru­ger af­skeid ge­neem. By hom is van links genl.maj. Le­ra­to Mo­la­le, genl.maj. A­paphia Mo­di­se en brig. Ma­pu­la­ne M­be­lo­a­ne, Kroon­stad se klus­ter­hoof.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.