Nu­we i20 Acti­ve net reg vir stad­skry­gers

Volksblad - - Motors - Ané T­heron

Die ver­fris­de Hyun­dai i20 het pas sy bui­ging ge­maak met ’n heer­li­ke nu­we 1.4 Acti­ve-mo­del – wat nog­al her­in­ner aan die E­ti­os Cross en CrossPo­lo met hul om­ge­krap­te veld­ry-voor­koms – wat die ou 1.4 S­port ver­vang.

Gaan jy jou skaars ran­de aan die kom­pak­te Ko­re­aan be­stee, of eer­der el­ders kyk?

Die i20 is vir die af­ge­lo­pe tien jaar een van die top­ver­ko­pers uit die Hyun­dai-stal. By­na 88 000 is hier van die hand ge­sit se­dert sy plaas­li­ke be­kend­stel­ling in 2009. Is die nuut­ste i20 dus ’n kyk en ’n koop werd? Kom ons vind uit.

So, wat is nuut?

Met ’n nu­we buf­fer, sier­roos­ter en al­looi­wie­le as­ook her­ont­werp­te lig­te (Acti­ve- en Fluid-mo­del­le) en at­le­tiek­drag vir die nu­we 1.4 Acti­ve, is die nu­we i20 vars, mo­dern en sag op die oog.

Daar is ses va­ri­a­sies op die i20te­ma, maar ty­dens die be­kend­stel­ling het ons net die 1.2 Fluid en 1.4 Acti­ve ge­toets. Die Acti­ve se dak­rak, ek­stra grond­vry­hoog­te as­ook sil­wer skerm­pla­te voor en ag­ter (al is dit nou van plas­tiek) ver­leen ’n lig­te La­ra Croft­voor­koms. Dit lyk as­of sy ’n grond­pad gou-gou sal kaf­draf en selfs ’n paar e­le­gan­te ka­ra­te­skop­pe kan uit­deel.

Hoe lyk dit bin­ne?

Ver­al aan die bin­ne­kant het Hyun­dai hom goed van sy taak ge­kwyt.

Die af­wer­king is van ’n hoë ge­hal­te en daar’s ’n net­jie­se, vloei­en­de uit­leg met die nuut­ste raak­skerm uit die Hyun­dai-stal.

Dis nie die mak­lik­ste stel­sel om te ge­bruik nie, dus het ek eer­der die knop­pies op die stuur­wiel be­nut om ra­di­o­sta­sies te soek en so meer. Vir R2 500 kan jy ’n SD­kaart koop wat die ver­maak­stel­sel se na­vi­ga­sie­funk­sie ak­ti­veer.

Acti­ve- en Fluid-mo­del­le kry ook spat­sels kleur in die ka­juit en dit lyk ver­al fraai op die rat­kie­rie, in blou of rooi.

Al­le i20’s word toe­ge­rus met die raak­skerm, Blu­e­tooth, ’n USB-sok en rit­re­ke­naar, as­ook ’n ver­koel­ba­re pa­neel­kis­sie. Die al­ge­me­ne ge­voel is een van duur­saam­heid en daar is ge­noeg­sa­me spa­sie, ver­al die kat­te­bak se ruim 285 li­ter-pak­plek.

Hoe ry hy?

So lek­ker soos al­tyd – en boon­op is die ve­ring en die stuur ver­be­ter. Die 1.2- en 1.4-li­ter-en­jins bly on­ver­an­derd.

Die vin­ger­breed­te ek­stra grond­vry­hoog­te op die Acti­ve­mo­del maak geen ver­skil aan sy han­te­ring nie, en die ses­gang­hand­rat­kas glip seep­glad in sy gan­ge. Dis ’n pret­ti­ge, rat­se rit en daar is niks wat krap nie, maar die 1.2-li­ter-mo­del­le sou kon doen met meer ko­le. Dis werk­lik jam­mer die een­li­ter-tur­bo-en­jin gaan nie in Suid-A­fri­ka be­skik­baar wees nie: ’n bie­tjie ek­stra wring­krag sal dit so­veel mak­li­ker maak om ’n an­der voer­tuig teen ’n bult ver­by te steek.

Wat van vei­lig­heids­toe­rus­ting?

Dis hier waar die aan­trek­li­ke i20 so ef­fens te­kort skiet. Sy klas is prop­vol Eu­ro­pe­se mo­tors wat al­mal ge­vor­der­de ABS-rem­me en ’n vas­trap­stel­sel het. Die i20 se ABS­stel­sel is eg­ter son­der rem­hulp en hy het net twee lug­sak­ke voor.

Ter ver­ge­ly­king: Selfs die in­tree­vlak Re­nault San­dero het ’n sta­bi­li­teit­stel­sel ter­wyl die San­dero S­tep­way boon­op vier lug­sak­ke het. Daar is ook net twee drie­punt-sit­plek­gor­dels op die i20 se ag­ter­bank en dus moet die mid­del­ste kind met ’n skoot­gor­del te­vre­de wees.

Die Toyo­ta E­ti­os se mid­del­sit­plek het wél ’n drie­punt-gor­del, en nes die Re­nault San­dero is hy in ’n la­er seg­ment.

Vir on­ge­veer die­self­de prys as die 1.4-li­ter i20 kan ’n ko­per dus die Re­nault C­lio of Cap­tur oor­weeg, as hy of sy nie die VW Po­lo of Ford Fies­ta-roe­te wil volg nie.

Net vir in­te­res­sant­heid: die nu­we Po­lo 1.0 TSI Be­ats kos R277 713. Dan is daar ook die Ma­z­da2 1.5 Dy­n­a­mic teen ’n bil­li­ke R235 100, of die CX-3 2.0 Acti­ve vir R290 000, wat een van die bes­te kom­pak­te nuts­voer­tuie is.

Wat bied i20 bo sy teen­stan­ders?

Die lang­ste ve­re in die i20 se hoed is sy re­pu­ta­sie vir be­trou­baar­heid, sy voor­koms en sy bou­ge­hal­te, maar die i20 se or­dent­li­ke waar­borg en diens­plan is ver­re­weg die groot­ste trek­pleis­ter.

Tóg, met so­veel mo­tors om uit te kies in dié mark­seg­ment, en uit die oog­punt van ’n ma wat vei­lig­heid hoog op prys stel, sou die i20 dalk nie my eer­ste keu­se wees nie.

Voel jy ak­tief? Hyun­dai het sy jong­ste ver­ras­sing – ’n sport­nuts-weer­ga­we van sy i20-reeks – goed ge­heim ge­hou. Die i20 Acti­ve bied ’n ho­ër grond­vry­hoog­te, skerm­pla­te en dak­rak.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.